Tourism submisssions
Tourism submisssions

NIPB fokus op beleggingsprojekte

Ellanie Smit
Die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) doen ’n beroep op maatskappye om voorstelle vir beleggingsprojekte in die toerismesektor in te dien om Namibië by die Africa Hospitality Investment Forum (AHIF) te bevorder.

Die AHIF is die voorste toerisme- en gasvryheidsbeleggingskonferensie in Afrika en sal vanaf 25 tot 27 Junie 2024 in Windhoek plaasvind.

Dit is die eerste keer dat die konferensie, wat talle vooraanstaande internasionale hoteleienaars, beleggers, finansierders, bestuursmaatskappye en hul adviseurs lok, in ’n Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-land sal plaasvind.

“Die NIPDB nooi dus Namibiese maatskappye uit om beleggingsprojekvoorstelle in te dien om by bogenoemde geleentheid bevorder te word, met die doel om beleggings of internasionale vennote vir Namibiese projekte te lok.”

Die sperdatum vir indiening is 10 Junie.

Die AHIF sal by die Mövenpick- en Mercure-hotelle in Windhoek gehou word. Beide hotelle is in 2021 opgeknap nadat dit deur Kasada Capital Management verkry is en die herbekendstelling van die hotelle sal tydens die AHIF plaasvind.

Die naweek voor die konferensie gaan die forum op verskeie reise gaan om van Namibië se beste gasvryheidsbeleggingsprojekte en toerisme-aantreklikhede te besigtig.

NASIONALE POTENSIAAL

In die tydperk van sewe jaar voor die Covid-19-pandemie het Namibië se toerismesektor voortdurend gegroei, het NIPDB gesê.

Volgens die ministerie van toerisme het toerismegetalle met sowat 5% per jaar gegroei van net minder as 1,2 miljoen in 2012 tot 1,6 miljoen in 2019.

Die pandemie het egter die land se toerismebedryf laat afneem, met besoekersaankomste in 2020 wat onder 200 000 gedaal het. Sedertdien het dit in 2021 met 40% herstel en met 98,1% tot 461 027 in 2022.

“Om die bod te verseker om AHIF 2024 aan te bied, is nie net ’n oorwinning vir Namibië nie, maar ook ’n bevestiging van ons nasionale potensiaal. Ons is verheug om die internasionale beleggingsgemeenskap in gasvryheid te verwelkom om die onbenutte beleggingspotensiaal van ons toerismebedryf te verken,” het Nangula Uaandja, die voorsitter en die uitvoerende hoof van NIPDB, voorheen gesê.

Sy het gesê Namibië is ’n opvallende mooi land, met skilderagtige landskappe wat mense met die eerste oogopslag sal bekoor.

“Meer as dit, is ons ’n land wat daartoe verbind is om ons mense te ontwikkel deur buitelandse beleggings te lok wat ekonomiese aktiwiteit en werkskepping tot gevolg sal hê.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!