Nog steeds geen brandstof by NWR-oorde
Halali ervaar water-, kragprobleme
Daar is min tot geen brandstof by enige van die oorde in die Etosha Nasionale Park beskikbaar nie.
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het om verskoning gevra vir die gebrek aan brandstof by sy oorde Halali, Okaukuejo, Namutoni, Terracebaai, Sesriem-kampterrein, die /Ai /Ais-warmwaterbronne en spa asook Waterberg. Boonop ervaar Halali ook ’n krag- en wateronderbreking.
Die woordvoerder van NWR, Nelson Ashipala, het gister gesê die brandstofkwessie is ongelukkig ná ’n week steeds nie opgelos nie en die uitdaging lê by die verskaffers.
Daar is min tot geen brandstof by enige van die oorde in die Etosha Nasionale Park beskikbaar nie. NWR het reisigers versoek om hul reise versigtig te beplan, aangesien daar steeds geen brandstof by enige van sy ruskampe met vulstasies beskikbaar is nie.
Volgens Ashipala het Enercon, ’n derdepartyverskaffer, glo sedert Januarie nie brandstof aan sommige van die oorde verskaf nie. Enercon is gekontrakteer om brandstof aan NWR, insluitend die oorde in die Etosha Nasionale Park, te verskaf.
’n Brandstoftekort is reeds in Maart verlede jaar by pompe in Etosha ervaar, met die vennootskap tussen NWR en Enercon wat na bewering reeds in 2023 in duie gestort het.
Enercon het toe na bewering vir ses maande nie brandstof gelewer nie, maar glo steeds miljoene ontvang danksy ’n omstrede klousule in hul kontrak.
HALALI SONDER KRAG, WATER
Boonop is daar ’n krag- en wateronderbreking by die Halali-oord in Etosha.
“Dit is weens die krag van die natuur en Cenored probeer om die situasie te beredder. Almal wat by Halali bespreek het, sal by Okaukuejo en Namutoni geakkommodeer word teen geen bykomende koste totdat die situasie opgelos is,” het Ashipala gesê.
Hy het kliënte versoek om hul besprekingskantoor te kontak om die veranderinge te bespreek om te bepaal waarheen hulle verskuif wil word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie