Nuwe naam vir ikoniese hotel
Yolanda Nel - Terwyl nuwe naamborde van die ikoniese Safari Hotel reeds sigbaar is, sal die naam na verwagting in Junie vanjaar na Mercure Hotel verander word.
Dié veranderinge kom nadat die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Augustus 2021 deur Kasada Capital Management oorgekoop is. “Accor Hotels, ‘n Franse gasvryheidsgroep, is aangestel as die besturende maatskappy van die twee hotelle. Accor het 54 handelsmerke - met 5 300 hotelle wêreldwyd - waarvan Mercure Hotels een van die handelsmerke is,” het Jackie Williams, direkteur van verkope en bemarking, gesê.
Sy voeg by dat die Safari Court Hotel, benewens die Mercure Hotel, ook ‘n opknapping en naamsverandering sal ondergaan. Dit sal vroeg in die eerste kwartaal van 2024 deel word van die Movenpick Hotel-handelsmerk. Movenpick is ’n premium-handelsmerk onder die Accor-sambreel.
Mercure Hotel sal uit 98 opgeknapte slaapkamers en ‘n ontvangsarea bestaan. “Die mees beduidende verandering wat die mark te wagte kan wees, is die fokus op ons eet- en drinkarea wat ’n speelpark vir kinders sal insluit,” het Williams gesê.
Een van hulle hoofdoelwitte is om plaaslike mense terug na die hotel te lok en dit die ideale ontspanningsbestemming vir gesinne van Windhoek te maak.
Volgens Williams is die verwelkoming van die plaaslike mark ’n hoeksteen van die Mercure-handelsmerk en gevolglik sal hulle ‘n program genaamd Discover Local inspan waardeur die hotel óf op 'n kos-, drank- óf kuns- en kultuurelement by die hotel sal fokus. “Hoewel ons ‘n internasionale handelsmerk is, is dit vir ons as hotel belangrik om ons plaaslike gemeenskap en mark tegemoet te kom.”
Die span se kernfokus is steeds konferensies en hulle is trots op die feit dat hulle die grootste konferensiefasiliteit in Windhoek en Namibië is. Die spa by Safari Court sal onveranderd bly totdat die opknappingsproses begin.
“Daar is egter planne om tydens die opknapping van die Movenpick ook die spa-fasiliteit by die hotel op te gradeer.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie