‘Nuwe’ visums bekommer toerisme-alliansie
Katalisator vir ekonomiese groei
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Business Council Tourism Alliance het gewaarsku dat die strenger visumvereistes verskeie sektore van die Namibiese ekonomie negatief kan raak.
Nuusredaksie – Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se Business Council Tourism Alliance het erge kommer uitgespreek oor Namibië se “beperkende” visumstelsel en het gewaarsku dit kan ’n ernstige demper op die land se toerismebedryf en ekonomiese groei plaas.
In ’n verklaring wat in Johannesburg uitgereik is, sê die raad die nuwe stelsel is in kontras met die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se strategie vir lugtoegang wat onlangs onder die vaandel Air Connect Namibia van stapel gestuur is en ten doel het om internasionale vlugte te vermeerder en verbindings te verhoog.
Die raad het gewaarsku dat die strenger visumvereistes verskeie sektore van die Namibiese ekonomie negatief kan raak, insluitend toerisme, gasvryheid, vervoer en handel, wat elkeen sterk op internasionale besoekers staatmaak.
Dit wys op suksesverhale uit Rwanda en Zambië dat die verslapping van visumvereistes toerisme, buitelandse belegging en algehele ekonomiese groei beduidend verhoog.
Volgens die raad sal ’n meer oop visumbeleid ’n uiteenlopende reeks besoekers lok, insluitend sakereisigers, beleggers en toeriste, wat tot die land se ekonomie bydra deur besteding, werkskepping en belastinginkomste.
Die Africa Visa Openness Index 2023 beklemtoon ook dat die verslapping van visumvereistes noodsaaklik is vir Afrika se toerismebedryf en dien as ’n katalisator vir ekonomiese groei.
“’n Beperkende visumstelsel sal die totale waardeketting van toerisme negatief beïnvloed. Dit plaas nie net ’n demper op ontspanningsreise nie, maar ook sakereise, konferensies, geleenthede, onderwys en handel, en beperk sodoende die algehele ekonomiese groei en ontwikkeling," sê Natalia Rosa, die projekleier vir die SADC Business Council Tourism Alliance.
Kommer is ook uitgespreek dat Namibië agter sou raak by sy streekvennote en sy mededingende voordeel as ’n toerismebestemming sou verloor as hy ’n meer beperkende benadering aanvaar.
“Ons doen ’n beroep op die Namibiese regering om hierdie beperkende maatreëls te heroorweeg en in gesprek te tree met belanghebbendes om oplossings te probeer vind wat veiligheidskwessies balanseer met die behoefte aan ekonomiese groei en mededingendheid in die streek.
“Om visumbeleide in lyn te bring met die lugverbindingstrategie is noodsaaklik om die voordele van meer vlugopsies te maksimaliseer om ’n groter toestroming van reisigers te lok.
“Namibië moet kyk na suksesvolle voorbeelde soos Rwanda wat aansienlike groei getoon het in sy Mice (Meetings, Incentives, Conferences, Exhibitions)-inisiatief as deel van sy toerismebedryf en danksy die verslapping van visumvereistes en belegging in infrastruktuur.”
Die raad het ’n beroep op Namibië gedoen om eerder alternatiewe oplossings te ondersoek soos die implementering van meer doeltreffende stelsels vir die verwerking van visums (bv. e-visums), die vrystelling van visums vir spesifieke groepe of die verhoging van veiligheidsmaatreëls by grense.
Van die lande van wie visums nou vereis word om Namibië te besoek, sluit in België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Nederland, Portugal, Spanje, Swede, Switserland, Brittanje en Amerika.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie