NWR staak pendeldienste vanaf 2x4-gebied by Sossusvlei
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het aangekondig dat daar van vandag ’n beduidende verandering in sy pendeldiensbedrywighede in die Sossusvlei-gebied sal wees.
NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, het gesê NWR sal pendeldienste vanaf die 2x4-gebied in Sossusvlei staak en sal nou eksklusief sy pendeldienste vanaf die Sesriem-kampterrein bestuur.
Hy het gesê kliënte wat reeds pendelbewyse/-kaartjies na Dooievlei bespreek het, nou vanaf die Sesriem-kampterrein vervoer sal word.
Soortgelyke belangstellende kliënte word versoek om ook hul pendelkaartjies by die Sesriem-kampterrein te koop wat ook vanaf dié kampterrein sal vertrek.
“Ons moedig alle gaste aan om die nodige reëlings te tref en hul besoeke daarvolgens te beplan. Ons span bly daartoe verbind om die beste diens moontlik te bied en sal beskikbaar wees om met enige navrae of bekommernisse rakende hierdie veranderinge te help,” het Ashipala gesê.
Dit volg nadat die toerismebedryf onlangs hul misnoeë uitgespreek het nadat ’n private maatskappy wat ’n kontrak vir 25 jaar gekry het om toeriste na Sossusvlei te vervoer, glo sonder enige vooraf kennisgewing ’n valhek opgerig het.
Dié hek het die 2x4-parkeerterrein in Sossusvlei versper en toeroperateurs is glo ook van die park se ingangspunt weggewys.
Die kontrak is vroeër vanjaar aan About Africa toegeken nadat Namibia Wildlife Resorts (NWR) versuim het om sy tender betyds in te dien.
Die konsessie gee ook aan About Africa die reg om ’n kampplek te bedryf, begeleide staptoere aan te bied en om ’n kiosk-area te ontwikkel en te bedryf.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het destyds in ’n verklaring gesê geen ander toeroperateur, behalwe die konsessiehouer “About Africa Co” mag toeriste by die 2x4-parkeerterrein in Sossusvlei oplaai en in die vlei inry nie.
Luidens die verklaring is die kontrak aan About Africa Co toegeken en is dié maatskappy tans die enigste konsessiehouer.
Die ministerie het belanghebbendes en die publiek gerusgestel dat die toegewing nie ander toeroperateurs toegang tot Sossusvlei vir besigheid verbied nie.
Die ministerie het gesê dat hierdie toegewing eerder besigheid vir die Namibië Toerismeraad (NTB) se geregistreerde toeroperateurs sal skep deur onwettige toeroperateurs en voertuie soos busse, vragmotors en 2x4-voertuie te beperk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie