Padtoer maak ’n Wes-Kaapse draai
Elandsbaai gaap vreedsaam
Paternoster se ligtoring in die Colombine-natuurreservaat is in 1936 voltooi, en was een van die modernste, bes toegeruste ligtorings van sy tyd en het gespog met 'n elektriese gloeilamp.
Pedro Vorster – Die Van Rhynsdorp van ouds was hoopvoller, groter en ouliker. Vanjaar spoel die kwaai vloedwaters stukke van die Troe-Troerivierbrug en dele van die dorpsoewer weg.
Die rivier vloei weer kalm deur die dorpie, maar ironies het die inwoners tydens die vloed vir sowat ses dae sonder drinkwater gesit.
Tog pla iets en dit voel asof meer as die verspoelings die verandering te weeg gebring het. Voorheen was hier ’n groot supermark oorkant ’n netjiese petrolstasie. Dit is asof die middelpunt van belangstelling van langs die pad na die middedorp geskuif het.
Vragmotors in Voortrekkerweg snork deur die dorp na Nieuwoudtville waar sy waterval nou beslis vol sal oorloop. Twee strate verder sit ons aan vir ’n keurige laatontbyt. Die eetplekkie is ’n aangename vonds. Ons word bederf met gesonde kerrie maalvleis, roti en quiche. Toe koop my vrou sommer ’n skoenlapper-kapstokhak en hertzoggies. Die jong meisie van die winkeltjie se pasteie in die oond ruik puik, maar ons was te vroeg om te proe en te haastig om te wag.
Ons mik suidwaarts na Paternoster en loop ons by Velddrif in ’n padblokkade vas. Daar sal nog meer wees. Ons moet “herlei en ’n ompad van ’n lagwekkende plus minus 20 km ry. Die draai gaan oor Vredenburg wat groot genoeg is om ’n MacDonalds te onderhou.
Paternoster is ’n juweeltjie wat ’n skoonmaak nodig het. Sy vissermense kla, maar hier word absoluut onvergewend wettig met kreef geboer. Ons gasheer is minder heer as gas en waarsku dat die gaarmaak van kreef in sy klein koepelhuisie verbied word. Die kreefreuk gee aanstoot.
Paternoster bring ook ’n ander lig in die wêreld. Groot skepe van Suid-Amerika en Europa word in Afrika-gebiedswaters gegroet deur die ligtoring wat in die Colombine-natuurreservaat staan. In 1936 voltooi, was dit een van die modernste, bes toegeruste ligtorings van sy tyd en het gespog met ’n elektriese gloeilamp. Dit is ook van die laaste bemande ligtorings wat gebou is. Die ligtoring staan so 5 km suid van die middedorp. Volwassenes betaal R13,70, kinders minder en dan kan die spiraaltrappe geklim word tot 15 m bo grondvlak.
Die akteur At Botha se kunsgroepie is besig met portretstudies toe ons die dorp begin verken. Ek onthou hom van die Afrikaanse TV-toneel as slank en met ’n welige swart snor. Tans dra hy ’n gryser weergawe en ’n poniestert. Hy groet vriendelik naby sy strandhuis.
Die mense is honger. Dit is ekstra moelik om ’n eetplek te vind want dit is die Suid-Afrikaanse skoolvakansieseisoen. Die norm is dat jy moet bespreek. Ons is gelukkig en kry ’n onbespreekte tafel. Die kaberetsangeres Amanda Strydom wil ook eet. Sy sit beskeie ’n tafel weg van ons. Bewonderaars herken haar ook en sy moet glimlag vir ’n paar foto’s. Later tree sy op in ’n lokaal by die waterkantkaai. So kom die Blues na Paternoster.
Onse Vader weet die skilderagtige dorpie het oopgebars, die vorige romantiek geskommel en die “dice” het verkeerd geval.
Elandsbaai gaap vreedsaam so effentjies oor die 20 km suid van Lambertsbaai en is sowat 230 km noord van die moederstad, of vir die haastiges, net oor die twee uur op die R27.
Die nedersetting lê wyd om Verlorenvlei wat tuiste bied aan 240 voëlspesies. Hier word geboer met kreef en branderplankryers. Jare gelede is hier mildelik kreef geduik en dit was maklik, want die gate was vol. Blyk nie meer so nie.
Bobbejaanberg se kranse sluit die dorpie af aan sy suidekant. Om die draai word vir meer as 40 jaar uitgrawings gedoen na prehistoriese lewe in ’n grotskuiling. Daar is 10 000 jaar oue rotskuns te sien. In die dorpie – graffiti.
Nou wink die Moederstad. Die tafel is gedek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie