No Image Caption

#PasIn: Polisiebrief moet jagters help geweer invoer

Elvira Hattingh
Die Namibiese Beroepsjagvereniging (Napha) sê dit het nou ‘n brief van die Namibiese polisie bekom wat hopelik die proses sal vergemaklik vir internasionale jagters om hul jaggewere by lugrederye in te boek as hulle in Namibië kom jag.

Napha sê dit volg nadat hulle talle versoeke ontvang het om te help met tydelike invoerpermitte vir die jaggewere van internasionale of oorsese jagters, wat glo uitdagings ervaar om hul jaggewere by lugrederye in hul lande van oorsprong in te boek.

“Dit veroorsaak ‘n probleem, want die tydelike invoerpermit kan slegs uitgereik word sodra die gas in Namibië aankom.

“Napha het dus die Namibiese polisie genader en is van ‘n brief voorsien, wat die situasie verduidelik. Ons hoop dat dit genoeg sal wees sodat lugrederye toelaat dat jaggewere vervoer kan word,” lui hul jongste nuusbrief van 7 April.

Napha het verder verduidelik dat om die tydelike invoerpermit te bekom, moet verskeie dokumente getoon kan word: ‘n Bewys van eienaarskap, ‘n vuurwapenlisensie, ‘n bewys van uitvoer uit die land van oorsprong, ‘n motiveringsbrief van die kliënt, ‘n uitnodigingsbrief van die Namibiese jagplaas asook enige ander verwante dokumente.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!