#PasIn: Renoster pryk in marmer
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) het vanoggend 'n marmerstandbeeld van 'n renoster voor die FNB Namibia-gebou in Onafhanklikheidslaan in Windhoek onthul.
Die projek, Hunters Support Against Poaching, het in 2017 ‘n veiling gehou wat deur Napha gefasiliteer is.
Dit was ‘n unieke inisiatief waar twee beeldhouers, die Franse kunstenaar Ge Pellini en die Namibiese kunstenaar Alfeus Mvula, van marmerblokke voorsien is om beelde van renosters te skep.
Beide het 35 dae gehad om hul werk te voltooi. Pellini het kraggereedskap in sy werk gebruik, terwyl Mvula op handgereedskap staatgemaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie