#PasIn: Sandwich Dune Tours neem Duine 7-bedrywighede oor
Sandwich Dune Tours & Safari is aangekondig as operateur vir die Duin 7-konsessie binne die Dorob Nasionale Park.
Die maatskappy sal na verwagting binnekort die bestuur van Duin 7 oorneem en sal ten minste 45 werkers as deel van sy bedrywighede in diens neem.
Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing, het gesê die gewilde ontspanningsgebied is onlangs gekritiseer vir sy toestand in terme van rommel sowel as gevandaliseerde ablusie- en waterinfrastruktuur.
As ’n langtermynoplossing het die ministerie ’n tender geadverteer vir belangstellende individue en maatskappye om die gebied namens die ministerie te bestuur. Die tenderproses het op 27 Januarie gesluit en 18 aansoekers gelok.
"Sandwich Dunes Tours & Safari het na vore getree as die suksesvolle bieër vanweë die sterkte van hul voorstel."
Die maatskappy sal verskeie avontuuraktiwiteite aanbied, insluitend valskermsweef, duinklim, sterrekyk asook toere na Walvisbaai. Dit sal ook 'n restaurant ontwikkel wat daagliks oop is en spesiale geleenthede soos troues of korporatiewe funksies kan aanbied.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie