Passasierskepe gooi anker in Lüderitz-hawe
Bevorder toerismebedryf
Vier passasierskepe het reeds by die hawe vasgemeer met 'n vyfde, die MS Amadea, wat geskeduleer is om op 10 April te arriveer.
Die hawe van Lüderitz beleef ’n besige April wat die besoek van passasierskepe betref.
Vier passasierskepe het reeds anker in die hawe gegooi met ’n vyfde, die MS Amadea, wat geskeduleer is om op 10 April te arriveer.
Volgens die haweskedule wat deur die Namibiese Haweowerheid (Namport) verskaf is, sal Amadea wat onder die vlag van die Bahamas vaar, vanaf Lüderitz na die hawe van Walvisbaai vaar.
Die skip is op ’n 128 dae lange eenrigtingvaart vanaf Hamburg in Duitsland na Las Palmas in die Kanariese Eilande. Haar vaartprogram het op 21 Desember 2024 begin en sal op 28 April 2025 eindig. Die Amadea is in 2024 opgeknap. Dit is 192 meter lank met 11 dekke en kan 624 passasiers akkommodeer.
Twee passasierskepe het Sondag die hawe van Lüderitz besoek. Silver Wind, wat eerste aangekom het, is op ’n 19 dae lange eenrigtingvaart vanaf Kaapstad na die Tema-hawe in Ghana. Die vaartuig is 155 m lank met nege dekke en kan 355 passasiers huisves. Haar reisplan het op 3 April 2025 begin en sal op 22 April 2025 eindig.
Die tweede skip, Viking Sky, is op ’n 138 dae lange eenrigtingvaart vanaf Fort Lauderdale in Amerika na die Tilbury-hawe in Londen in die Verenigde Koninkryk. Die skip het op 19 Desember 2024 begin vaar en die reisplan eindig op 6 Mei 2025. Viking Sky is 228 m lank met tien dekke en kan 928 passasiers vervoer. Beide skepe is op pad na die hawe van Walvisbaai.
Hebridean Sky was die eerste wat op 3 April aangekom het, gevolg deur Bolette, wat op 4 April in die baai van die hawedorp vasgeanker het.
Die haweskedule dui verder aan dat die geskeduleerde aankomste van die MS Artana op 18 Mei en MS Aida-Stella op 3 Junie opgevolg sal word deur nog drie besoeke van passasierskepe wat vir November geskeduleer is. MS Aida-Stella sal op 9 November vasmeer, MS Azamar Journey op die 13de en MS Aida-Stella op die 24ste.
Vier passasiersskepe sal in Desember anker gooi, naamlik MS Azamar Journey op 6 Desember, Explorer op die 14de, MS Azamar Journey weer op die 18de en Le Bougainville op die 19de.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie