GENEROUS: Ultimate Safaris will hand over dividends of shares now worth N$4 million to their long-serving employees. Photo Ultimate Safaris
GENEROUS: Ultimate Safaris will hand over dividends of shares now worth N$4 million to their long-serving employees. Photo Ultimate Safaris

Personeel ontvang dividende

Mariud Ngula
Vier werknemers wat reeds etlike jare in diens van ’n safarimaatskappy is, ontvang vandag dividende wat uit 2 225 aandele gegenereer is.

Die werknemers en aandeelhouers in die nuutgestigte Ultimate Safaris Tribe Trust is almal in diens van Ultimate Safaris.

Onder die ontvangers van die dividende is Francis Vries wat in 2008 by die maatskappy aangesluit het en in 2022 aandele in die maatskappy ontvang het. Sy het onder meer die posisie van verkoopskonsultant en ontvangsdame by Ultimate Safaris se hoofkantoor in Windhoek beklee en is tans die administratiewe en debiteurebestuurder.

Alfons Kaura het in 2012 as junior werknemer ingeval en het homself van ’n junior tot ’n senior konsultant opgewerk en beklee tans die posisie van verkoopsbestuurder.

Tobias Naholo het in 2012 as ’n nagportier by Galton House in Windhoek begin. Hy het sedertdien verskeie rolle by Galton House en ander kampe van Ultimate Safaris beklee, soos //Huab Under Canvas en Camp Doros, geleë in Damaraland. Hy is nou die hoofsjef by Camp Doros en die assistent-kampopsigter.

Adeline Mulonga, beter bekend as Angie, het in 2011 as ’n huishoudster by Galton House begin werk waar sy later ander huishoudsters hier en ook by Ultimate Safaris se verskeie ander eiendomme opgelei het. Angie is nou die maatskappy se hoofhuishoudster.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A