Fish River
Fish River

'Ramp wat wag om te gebeur'

Watertekorte in Visrivier-staproete
Die bestaande poele is uiters laag met 'n baie hoë sout- en bakteriële inhoud wat tot ontwatering en gastro-intestinale probleme lei.
Ellanie Smit
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme sal oorweeg of die Visrivier-staproete gesluit moet word. Dit nadat verskeie reddingsoperasies reeds onderneem moes word sedert die stapseisoen amptelik op 1 Mei geopen het.

Kommer neem toe oor stappers se veiligheid in die spoelvallei en of daar inderdaad genoeg water is om die staproete oop te hou.

Skaars ‘n week gelede moes verskeie rolspelers help met 'n reddingsoperasie van 13 mense uit die spoelvallei en wat sowat 35 uur geduur het.

Volgens Conrad Jacobs, nasionale bedryfsbestuurder vir MR24/7 wat deel van die reddingsoperasie was, was dit almal stappers uit Suid-Afrika. Een persoon het ‘n gebreekte enkel gehad, terwyl 12 ander siek was. Volgens hom was die stappers aanvanklik deel van drie verskillende groep wat by die spoelvallei afbeweeg en sowat 30 kilometer gestap het. Jacobs sê die eerste noodroep is verlede Sondagmiddag van hul noodbestuureenheid ontvang.

“Ons het Suid-Afrikaanse versekerings- en mediese fondse gebel en nog steeds geen hulp ontvang nie.”

Maandag was daar steeds nie ‘n ordentlike helikopter vir die reddingsoperasie beskikbaar nie en wou die versekering nie vir ‘n kommersiële helikopter betaal wat tot sowat N$300 000 kos nie.

“Ons het Maandag toe besluit om van ons werknemers van Keetmanshoop te stuur om te gaan help met die beplanning van die reddingsoperasie,” sê Jacobs.

Dinsdag omstreeks 10:00 het een van hul werknemers ‘n Nampol-helikopter gesien wat oor Windhoek vlieg. Die bevelvoerder van die Namibiese polisie se direktoraat vir lugvaart, kommissaris Florentia Dumba, is dadelik vir hulp genader. Dumba het op haar beurt inspekteur-generaal Joseph Shikongo genader wat volgens Jacobs goedkeuring verleen het vir die gebruik van die helikopter vir die reddingsoperasie.

Drie ambulanse is reeds die oggend 04:00 uit Windhoek gestuur om te gaan help.

“Binne tien minute was die polisiehelikopter gereed om nog twee gevorderde lewensondersteunende (ALS) paramedici van MR247 uit Windhoek na die spoelvallei te stuur. Dit terwyl twee ALS en agt bykomende gekwalifiseerde werknemers van MR247 reeds die oggend 04:00 uit Windhoek vertrek het.”

Twee werknemers van Keetmanshoop was volgens Jacobs sedert Maandag op Ai-Ais om die omgewingsministerie en Namibia Wildlife Resorts (NWR) met die beplanning van die reddingsoperasie te help. Omstreeks 04:00 Dinsdag het die groep saam met veldwagters van NWR sowat 30 kilometer in die spoelvallei ingestap om noodhulp te verskaf aan die stappers wat siek en beseer was.

Die mediese ontruimingsoperasie is net voor sononder Dinsdag afgehandel danksy 12 mediese personeel, drie ambulanse en een mediese reaksievoertuig, sowel as bykomende voorraad van MR247. Die operasie het in totaal 35 uur geduur sedert die aankoms van die eerste beamptes Maandag op Ai-Ais.

Volgens Jacobs het die beseerde en siek stappers sedertdien goed herstel. Verskeie berigte is ontvang van reddingspanne wat in die vallei afgestuur moes word en grootliks weens die ontwatering van stappers. Dit het tot verskeie oproepe gelei dat die gewilde staproete eerder gesluit moet word.

Die omgewingsministerie in samewerking met die NWR het onlangs ‘n verklaring uitgereik waarin dit bevestig die staproete is ná deeglike skatting van waterbronne in die spoelvallei oopgestel en dat daar voldoende water vir die stapseisoen beskikbaar is. Klem is ook gelê op die veiligheid van alle stappers met waterbeamptes wat by strategiese punte op die staproetes geplaas sal word en wat insluit King Palace en Bushy Corner.

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het by navraag gesê hy is bewus van die jongste voorval, maar wag nog op ‘n verslag. Volgens hom sal ‘n evaluering oor die huidige situasie gedoen word, voordat ‘n besluit geneem word of die staproete gesluit sal word al dan nie. Intussen het Fiona Nichol in ‘n skrywe aan Network Media Hub (NMH) haar kommer as bekommerde inwoners gedeel oor wat sy beskryf as die “gevaarlike situasie” wat in die Visrivier-spoelvallei ontwikkel.

Volgens Nichol is daar ‘n ernstige watertekort in die spoelvallei en word daar volgens haar nie genoeg drinkwater op ‘n daaglikse basis aan stappers verskaf nie.

“Mense wat later in die dag aankom, kry die waterdromme leeg wat deur die waterbeamptes gelos is. Die bestaande poele is uiters laag met ‘n baie hoë sout- en bakteriële inhoud. Dit, tesame met die huidige baie hoë temperature van 40 grade plus lei tot baie ernstige ontwatering en gastro-intestinale probleme wat die tafel vir moontlike sterftes skep. Verskeie stappers moes reeds met die hulp van ‘n helikopter ontruim word, terwyl verskeie stappers ook die nooduitgange gebruik het,” skryf Nichol.

Volgens haar was daar reeds verskeie gevalle sedert 1 Mei waar stappers verwys na die uiterste toestande in die spoelvallei en die oënskynlike gebrek aan beplanning en oorsig van die huidige toestande.

“In ‘n neutedop is daar nie genoeg water nie. Of hulle moet genoeg water voorsien of die staproete sluit voordat iemand sy lewe verloor. Dit is ‘n ramp wat wag om te gebeur.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...