Redakteurskeuse
Republikein se redakteurskeuse vir die stalletjie van die jaar by die Toerisme Ekspo is Oyetu – Creative Community Craft – Handmade in Namibia. Oyetu beteken “dit is ons s’n” in Oshiwambo en is in 2015 begin. Dit is ’n uitreikprogram wat beoog om gemarginaliseerde gemeenskappe – veral vroue en die jeug – deur handwerkvaardighede en sake-opleiding te bemagtig. Op die foto is Austin Dienst, ’n Peace Corps-vrywilliger, Sonia de Klerk van die Duineveld Leather Patch-projek, Elna Rooi van die Karasburg Fashion Design-groep en Charlotte Smith, Oyetu se projek-assistent. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie