Skoon ouditverslag vir NTB
Ellanie Smit - Die Namibië Toerismeraad (NTB) het ’n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang vir die boekjaar wat op 31 Maart 2022 geëindig het.
’n Ongekwalifiseerde mening word as ’n skoon verslag beskou.
“Na my mening gee die finansiële state die finansiële posisie van die NTB op 31 Maart 2022 en sy finansiële prestasie en kontantvloei vir die jaar wat toe geëindig het, in ooreenstemming met die internasionale finansiële verslagdoeningstandaarde, redelik weer,” het die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, sy verslag afgesluit.
Die verslag het daarop gewys dat daar geen verandering in die aard van die NTB se eiendom, aanleg en toerusting of in die beleid rakende die gebruik daarvan was nie.
Op 31 Maart 2022 het die NTB se belegging in eiendom, aanleg en toerusting N$40,9 miljoen beloop, waarvan N$32 011 daardie jaar bygevoeg is.
OORSIG
Die verslag het getoon dat die NTB se finansiële posisie in daardie stadium N$58,6 miljoen vir totale bates was, terwyl sy inkomste vir die jaar sowat N$20,4 miljoen beloop het.
Die raad het ’n staatstoelaag van N$10,8 miljoen ontvang, en ander inkomste was N$3,4 miljoen, terwyl hy die jaar met ’n tekort van sowat N$2,5 miljoen afgesluit het.
Die vorige boekjaar het met ’n tekort van sowat N$19,2 miljoen geëindig.
Die verslag het uitgelig dat finansiële state opgestel is op grond van rekeningkundige beleide wat van toepassing is op ’n lopende saak.
“Hierdie basis veronderstel dat fondse beskikbaar sal wees om bedrywighede te finansier en dat die realisering van bates en vereffening van laste en voorwaardelike verpligtinge in die gewone loop van sake sal plaasvind.”
Verder het die verslag gesê die NTB se bestuur het die potensiële implikasies van Covid-19 en die maatreëls wat getref is om dit te beheer, in ag geneem in die beoordeling van die entiteit se vermoë as ’n lopende saak.
“In die huidige boekjaar het die verbetering in Covid-19-tendense die geleidelike verwydering van die meeste van die reisbeperkings meegebring, wat beide plaaslike en internasionale reis- en toerismebesteding verbeter het, waaruit die NTB se heffingsinkomste verkry word.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie