Toerisme beywer hom vir minimum loon
Benodig maatstaf vir salarisse, voordele
Een van die gevolge van 'n gebrek aan 'n minimum loon is die wanbalans tussen werknemers se verwagtinge en wat werkgewers aanbied.
Jemimah Ndebele – Die afwesigheid van ’n voorgeskrewe minimum loon vir toerismewerkers is tydens die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) se onlangse kongres bespreek.
Kristin Maritz van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) het die aandag gevestig op die probleme wat verband hou met die afwesigheid van ’n minimum loon in die proses om ’n geskoolde toerismewerksmag op te bou.
Maritz het die behoefte aan data-insameling en die implementering van minimumloonbeleide – soortgelyk aan die landbousektor – beklemtoon om die kwessie te takel en om kommunikasie tussen werkgewers en werknemers te bevorder.
“Dit sal nie ’n geringe prestasie wees nie, aangesien daar talle verskillende poste binne die bedryf is, asook poste wat met die landbousektor oorvleuel.
“Die probleem, soos by die kongres bespreek is, oor die tekort aan geskoolde arbeid, vra vir ’n meer gedetailleerde oorsig van wat ’n geskoolde persoon in hul werksveld kan verwag in terme van salaris en voordele,” het Maritz gesê.
GESKOOLDE WERKERS VERLOOR
Soos tydens die bespreking uitgelig is, is een van die gevolge van ’n gebrek aan ’n minimum loon die wanbalans tussen werknemers se verwagtinge en wat werkgewers aanbied.
Geskoolde werkers in die toerismesektor, wat onsekerheid in terme van vergoeding in die gesig staar, is meer geneig om geleenthede te soek in ander velde waar aan hul passies en salarisverwagtinge voldoen word of selfs oorweeg om te migreer na lande wat hoër salarisse in hul onderskeie velde van kundigheid aanbied.
Ander belanghebbendes by die HAN-kongres het Maritz se bekommernisse beaam.
“Die minimum loon is noodsaaklik aangesien dit ’n maatstaf stel vir salarisse vir verskeie poste in die gasvryheids- en toerismebedryf. Die gebrek aan ’n minimum loon lei soms tot ’n gunstige posisie vir die werkgewer, wat tot ’n ongebalanseerde werksverhouding kan lei wat uiteindelik spanning veroorsaak en uitbuiting van werkers tot gevolg het,” het die gasvryheidsdosent, Gerald Cloete, tydens die kongres gesê.
ONDERSOEK
Die hoofwoordvoerder in die ministerie van arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping, Maria Hedimbi, het bevestig daar is geen voorgeskrewe minimum loon van toepassing op die toerismebedryf nie.
“’n Studie van die nasionale minimum loon is egter deur die loonkommissie oor minimum lone gedoen,” het sy gesê.
“Die studie was om alle relevante bedrywe te ondersoek, verslag te doen en aanbevelings aan die minister van arbeid te maak of ’n nasionale minimum loon ingestel moet word of nie. Die kommissie het sy verslag aan die minister voorgelê, en hy sal dit aan die publiek bekend maak sodra die proses afgehandel is,” het Hedimibi bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie