No Image Caption

Toerisme dra 6,9% by tot BBP

Ellanie Smit
Die direkte ekonomiese bydrae van die toerismesektor tot die bruto binnelandse produk (BBP) het byna verdubbel van 3,5% in 2015 tot 6,9% in 2022, tot die waarde van N$14,3 miljard van die totale BBP van N$206,2 miljard.

Dit volgens die sesde uitgawe van Namibië se Toeriste-satellietrekeningverslag van 2022.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het die syfers tydens sy begrotingsmotivering gedeel en gesê die toerismesektor het tans 57 571 mense in diens, wat 7,9% van die totale indiensneming in die land verteenwoordig.

“Internasionale toeriste wat die land binnekom, neem steeds jaar-tot-jaar toe, met die jongste wat ’n rekordtoename van 98,1% aandui – vanaf 232 756 in 2021 tot 461 027 in 2022.”

Volgens Shifeta het die ministerie ongeveer 150 werksgeleenthede geskep deur die toekenning van kontrakte vir toerisme- en jagkonsessies in die 2023-’24-boekjaar.

Kontrakte is onder meer aan die Kavango South Lodge- en die Kwetchi Lodge-konsessie toegeken. Beide is aan die Hambukushu-gemeenskap toegeken, met 75% aan die gemeenskap en 25% aan die regering.

Die Sossusvlei-pendeldiens en Farm Arbeid Adelt-kampterreinkonsessie is aan die Maltahöhe- en !Karkhoen-gemeenskappe toegeken, met 75% wat aan die gemeenskappe gaan en die regering het 25% behou.

Shifeta het gesê “die ministerie het gemeenskaplike ondernemingsvennote namens die Hambukushu-gemeenskap verkry deur middel van ’n tender om die konsessies tot voordeel van die gemeenskap te ontwikkel en te implementeer.”

Hy het gesê die Kavango South Lodge-konsessie sal deur Nyime Safaris and Lodges ontwikkel word, en die Kwetchi Lodge-konsessie deur Purple Rain Investments.

Shifeta het verder gesê die Buffalo Lodge en Tradisionele Inligtingsentrum-konsessie is aan die Kyaramacan-vereniging toegeken, terwyl die Dorob Nasionale Park-hoofkonsessiekontrak, wat die Duin 7-konsessie is, aan Sandwich Dune Tours and Safaris toegeken is.

Volgens hom is die Kwando-Noord-konsessie aan die Kwando-bewaringsgebied toegeken en die gemeenskap, bygestaan deur die ministerie, het gedurende die huidige finansiële jaar A.S.S Investments as ’n gesamentlike ondernemingsvennoot deur middel van ’n openbare tender bekom om die konsessie te ontwikkel en te implementeer.

Drie Namib-Naukluft Park 4x4-aktiwiteitskonsessies is aan Desert Magic Tours, Namdrenaline Tours Joint Venture, Sandwich Dune Tours en Joan Car Hire toegeken.

Shifeta het ook gesê N$25,9 miljoen is aan die program vir toerismegroei-ontwikkeling en dobbelregulasies toegeken.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!