Toerisme Ekspo oorskry grense in 2023
Skop Woensdag af
Dit word beskou as die grootste toerismegeleentheid in Namibië is en bring rolspelers in die toerismebedryf van Namibië en dié van buurlande bymekaar.
Namibia Media Holdings (NMH) het aangekondig sy 24ste Toerisme Ekspo (TE) skop komende Woensdag 26 April in Windhoek af.
Dit volgens NMH se woordvoerder, Maggy Mbako, wat verduidelik het dat die jaarlikse ekspo na ’n vroeër tydgleuf geskuif is om uitstallers in staat te stel om hul produkte en dienste ten toon te stel voordat die toerismeseisoen sy piektyd in Namibië bereik.
Volgens NMH, die organiseerder van die jaarlikse ekspo, sal die “komende vier jaar gewy word aan die bemarking van Namibië en die streek onder die tema ‘Beyond Borders’”.
Die ekspo vind vanjaar vanaf 26 tot 28 April by die Windhoek Buiteklub plaas.
Dit word beskou as die grootste toerismegeleentheid in Namibië is en bring rolspelers in die toerismebedryf van Namibië en dié van buurlande bymekaar.
MERKWAARDIGE VEERKRAGTIGHEID
Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), het gesê: "2023 dra tot dusver al die tekens dat die toerismesektor nie net ten volle herstel het nie, maar selfs dat die reis- en gasvryheidsektore in Namibië gegroei het - met kamer- en bedbesetting by sommige plekke wat selfs die vlakke van die era voor Covid oorskry."
Sy het gesê Namibiërs in die toerismebedryf het “merkwaardige veerkragtigheid getoon asook volle toewyding om Namibië se toerismebedryf vorentoe te dryf - ten spyte van alle uitdagings. Wat selfs meer bemoedigend is, is die gebare van toewyding deur groot multimiljoedollar beleggings in toerisme-infrastruktuur, met sommige van die ou ondernemings wat volledig opgeknap is en ander nuwe eiendomme wat opgerig is. Die Namibiese toerismebedryf, as 'n sleutel- en volhoubare pilaar vir hierdie land se ekonomie, is hier om te bly en bo verwagting te floreer."
KENNERS GESELS
Die ekspo het nie net ten doel om die publiek elke dag van 16:00 tot 22:00 vanaf Woensdag tot Vrydag as besoekers te verwelkom nie, maar dit sal ook dien as ’n skakelgeleentheid op Donderdag en Vrydag om uiteindelik bande tussen maatskaplike beleggingsinstellings en gemeenskappe te versterk. ’n Reeks hoogs bekwame aanbieders sal hierdie seminare lei.
In die lig van Namibië se hoë werkloosheidsyfer sal die ekspo-seminare fokus op temas soos “Jeug in toerisme” en “Finansieringsgeleenthede vir die jeug in bewaring”.
Hierdie temas sal onderskeidelik deur Sebulon Chicalu, die direkteur vir toerisme in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme; en Nabot Mbeeli, senior koördineerder van gemeenskapsgebaseerde projekte vir die bestuur van natuurlike hulpbronne, bespreek word.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie