Toerisme Ekspo reik oor grense heen
Bied vanjaar skakel-, konferensiegeleenthede
Namibië se Toerisme Ekspo sal vanjaar vroeër aangebied word sodat dit beter in die toerismebedryf se besige kalender kan pas.
Frank Steffen -Die 2023 Toerisme Ekspo (TE) is die afgelope Vrydag by die Windhoek Buiteklub bekend gestel, waar dit ook vanjaar vanaf 26 tot 28 April aangebied sal word. Die geleentheid sal dus vanjaar vroeër as gewoonlik plaasvind.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het tydens die bekendstelling gesê die toerismebedryf behoort dit as die ideale geleentheid te beskou vir 'n hernude poging om die sektor op die plek te kry waar dit vóór die Covid-pandemie was. Dienooreenkomstig is vanjaar se ekspo-tema as "Beyond Borders" aangekondig - met die doel om oplossings vir die toerismebedryf binne die streek te bevorder en samewerking tussen Namibië en sy buurlande te bewerkstellig.
Tydens die ekspo sal Namibië, tesame met die groter Suider-Afrikaanse streek, as 'n toerisme-bestemming bevorder word, met die fokus op vier gebiede wat nie net deur grense verbind word nie, maar die volgende oorgrensparke huisves: Die /Ai-/Ais!/Richtersveld-oorgrenspark, die Kgalagadi-oorgrenspark, die Iona-Skedelkus-oorgrenspark asook die Kavango-Zambezi oorgrens-bewaringsgebied.
Shifeta het bygevoeg die ekspo kan tot voordeel van die land en die bedryf wees en het daarop gewys dat dit in lyn is met die nasionale toerismeherstelplan vir 2022 tot 2024. Volgens die minister is toerismesyfers op die herstelpad - in 2021 het 37,3% meer toeriste Namibië besoek as in 2020. Verlede jaar se toerismesyfer het ook met 4,6% gegroei vergeleke met dié van 2021. "Tog bly die syfers baie laag en verteenwoordig dit maar net sowat 15% van die toerismesyfers voor die pandemie," het hy gesê.
Albé Botha, die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings (NMH), beskou die ekspo as die ideale manier om die kernrol van die toerismesektor in die land te beklemtoon en die unieke geleenthede te vier wat Namibië bied. In sy verwelkomingstoespraak het hy aan die minister gesê NMH, as 'n fasiliteerder van die geleentheid, glo die Toerisme Ekspo is groter as net sy organiseerders.
Die ekspo sal vanaf Woensdag tot Vrydag - 16:00 tot 22:00 - oop wees vir die publiek, terwyl skakelgeleenthede en konferensies vroeër deur die dag, tussen 12:00 en 16:00, aangebied sal word. Vir meer inligting, kontak Michelle le Roux by 264 81 286 4311 of stuur 'n e-pos na [email protected].
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie