Toerisme Ekspo skop vandag af

Yandi Du Plessis
Frank Steffen – Die jaarlikse Toerisme Ekspo skop vandag om 14:00 by die Windhoek Buitekluboord af en sal vanaf 16:00 oop wees vir die publiek.

Die ekspo duur tot Vrydag 28 April met die hekke wat vanaf 16:00 tot 21:00 oop sal wees en om 22:00 sal sluit.

Toegang beloop N$150 per volwassene en sluit ’n wynglas en ’n ruilmunt vir ’n wynproesessie asook ’n koffiekoopbewys in. Toegang vir kinders kos N$50 en sluit ’n koopbewys vir ’n e-resies-ervaring in. Toegang is gratis vir kinders onder die ouderdom van ses en pensioenarisse ouer as 60.

Soos altyd is die jaarlikse ekspo daarop gemik om rolspelers in die toerismebedryf bymekaar te bring – of dit nou direkte operateurs in die gasvryheidsbedryf, verskaffers van produkte en/of dienste, of die algemene publiek as besoekers is.

In ooreenstemming met vanjaar se tema, “Beyond Borders”, het Namibia Media Holdings (NMH), wat die geleentheid jaarliks organiseer, verklaar sy doel is om die fokus na diensverskaffers buite Namibië se grense uit te brei, ’n beginsel wat uiteraard ook van toepassing is op die voornemende toeriste wat die ekspo besoek en van hierdie geleentheid gebruik maak om hul volgende vakansie te beplan.

Vanjaar se ekspo bied egter iets anders as dié van vorige jare, want daar sal netwerksessies wees wat môre en Vrydag vanaf 11:00 tot 15:00 gehou sal word. Die temas is net so uiteenlopend soos die sprekers, wat gaan delf in onderwerpe soos jeug in toerisme, gemeenskapstoerisme en bewaringspogings op gemeenskapsvlak, maatskaplike ingrypings, internskappe en finansieringsgeleenthede.

’n Nuwe perspektief word bygevoeg met die Britse hoë kommissaris, Charles Moore, wat al wyd deur Namibië gereis het, wat ’n derdeparty-perspektief sal bied oor wat besoekers aan Namibië realisties kan verwag.

Op die vermaakfront het NMH weer die Dierebeskermingsvereniging (DBV) genooi om môre om 16:00 die “Adopt a Dog”-veldtog aan te bied. Daar is ook verskeie kulinêre demonstrasies en kompetisies met die kunstenaars Vocalfront, Big Ben, Savannah Collins en die Carnival of Flames wat saans vir die musiek sal sorg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!