‘Toerisme kan vlugroetes ’n hupstoot gee’

Kristien Kruger
“Afrika se groot potensiaal in toerisme bly onbenut weens ’n gebrek aan lugverbindings, met Afrika wat tans vir slegs 1,9% van wêreldwye passasiers- en vragverkeer verantwoordelik is.”

So lui ’n mediaverklaring deur die SADC Business Council Tourism Alliance. Dié raad, asook lugvaartbestuurders in Afrika, doen ’n beroep op toerismerade om Afrika se vlugroetes ’n hupstoot te gee.

By ’n onlangse AviaDev Africa-slypskool het kenners daarop gewys dat nasionale toerismerade die geleentheid het om nuwe vlugroetes te dryf en ekonomiese groei te bevorder.

Tydens die geleentheid het lugvaartbestuurders beklemtoon dat toerismerade markdata en bedryfsverhoudings moet gebruik om vervoerders van nuwe vlugroetes se lewensvatbaarheid te oortuig.

Hiertydens het die projekleier van die SADC Business Council Tourism Alliance, Natalia Rosa, die kritieke rol van lugvaart in streekontwikkeling beklemtoon.

“Lugvaart is nie ’n luuksheid nie, dis die bloed van ’n moderne streekekonomie. Verbeterde lugverbindings het ’n reeks voordele tot gevolg. Dit vergemaklik reis, maak deure oop vir nuwe toerismemarkte en versterk plaaslike ekonomiese bande.”

Tim Harris van Helm Growth Advisors het egter daarop gewys dat die behoud en uitbreiding van bestaande lugvaartdienste die prioriteit behoort te wees voor nuwe roetes gelok word.

HERVORMING VAN AFRIKA-LUGVAART

Die slypskool is ’n platform waar die uitdagings van die lugvaartbedryf getakel kan word en partye kragte saam kan snoer om oplossings te vind.

Een van die doelwitte is om te verken hoe toerisme-belanghebbendes, insluitend nasionale toerisme-organisasies en verenigings in die private sektor, by roete-ontwikkeling betrokke kan raak en lugdienste met roetebevordering kan bystaan.

“Die sukses van die slypskool het dit nou ’n plek by AviaDev 2025 in Zanzibar verseker.

“Die konferensie bestaan ​​uit twee dae van netwerkvorming en samewerking wat fokus op die hervorming van Afrika se lugvaarttoekoms.

“Dit sal toerisme-afgevaardigdes toerus met noodsaaklike boustene vir die ontwikkeling van roetes,” lui die verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!