Toerismebedryf nou inklusief, sê //Naobeb
NTB se uitvoerende hoof tree uit
Eienaarskap van toerisme-ondernemings het oor die afgelope 20 jaar met byna 90% gegroei.
Ellanie Smit – Oor die afgelope 20 jaar het die plaaslike toerismebedryf gegroei van ’n elitistiese sektor tot een wat geleenthede en opleiding aan voorheen benadeelde Namibiërs bied.
Eienaarskap van toerisme-ondernemings het oor hierdie tydperk met byna 90% uitgebrei – met die registrasie van toerisme-ondernemings wat van 500 in 2002 tot sowat 5 600 tot op hede toegeneem het, volgens die uittredende uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), Digu //Naobeb.
Hy het egter gesê die geografiese verspreiding van toerisme-ondernemings in die land bly oneweredig en het streek- en dorpsrade aangemoedig om in te gryp om te kyk hoe hierdie streke ontwikkel kan word.
LANG LOOPBAAN
Volgens //Naobeb, wat ná 15 jaar aan die stuur van die NTB besluit het om die maatskappy te verlaat, is dit net een van die uitdagings wat steeds die toerismebedryf in die gesig staar.
Sy kontrak verstryk op 30 Junie, op dieselfde tyd wanneer die direksie se termyn van vyf jaar sal eindig.
//Naobeb is al byna 20 jaar by die maatskappy werksaam en het begin as ’n senior bestuurder vir die ontwikkeling van menslike hulpbronne, waarna hy as uitvoerende hoof aangestel is.
“Toe die NTB in 2002 gestig is, was daar probleme met menslikehulpbronontwikkeling en kapasiteit binne die toerismebedryf; trouens, in die stadium was daar geen opleidingskurrikulum om werknemers met vaardighede toe te rus nie.
“Een van die projekte wat die EU destyds gefinansier het, was dus om standaarde vir toerisme-opleidingseenhede te ontwikkel, waar ek destyds as een van die senior bestuurders aan die spits gestaan het.”
Hierdie taak is daarna aan die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) oorgegee.
“Nou het ons gekwalifiseerde en opgeleide mense; baie moet egter nog gedoen word weens finansiering.”
GROEI VIR ALMAL
//Naobeb het verduidelik sommige entrepreneurs in die private sektor is nie bereid om vir opleiding te betaal nie, aangesien hulle voel dat werknemers weggelok sal word, terwyl skoolverlaters opleiding ontvang, maar nie geleenthede kry vir intensiewe opleiding om praktiese vaardighede te ontwikkel nie.
As hy terugkyk, onthou hy dat die toerismebedryf destyds as elitisties beskou is omdat voorheen benadeelde Namibiërs ná onafhanklikwording nie deel van die hoofstroom was wat eienaarskap van besighede betref nie.
Hy het toe gesê die NTB moet ’n opleidingsprogram skep om hierdie kwessie te benader.
Hulle het met die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg en die Sentrum vir Entrepreneurskapontwikkeling saamgespan om hulle te help om ’n ontwikkeling- en toerismeprogram saam te stel.
“Deur daardie program het ons sowat 200 Namibiërs opgelei wat destyds óf in die beginfase van hul ondernemings was óf planne gehad het om besighede te begin.”
BEWUSMAKING
Die NTB wou ook bewustheid onder voorheen benadeelde Namibiërs skep oor beleggingsgeleenthede in die toerismebedryf.
“Daar kon jy ’n interessante verskynsel sien, veral in Ohangwena, Omusati en Ohikoto, want die helfte van die besighede – veral gasvryheidsondernemings soos gastehuise – word nou hoofsaaklik deur voorheen benadeelde Namibiërs in daardie gebied besit.”
//Naobeb het bygevoeg in die voorstede van stedelike gebiede, waar meer voorheen benadeelde mense gewoon het, het meer bed-en-ontbyte kop uitgesteek en ’n belangstelling in beleggingsgeleenthede geskep.
“Die uitdaging wat ons egter steeds in die gesig staar, is hoe hierdie mense dan hierdie produkte kan bemark sodat hulle kliënte kan hê om die besigheid voorts te onderhou, want sommige bedryf dit waarskynlik op die kantlyn of as ’n stokperdjie. So basies is daar geen motief om dit noodwendig as ’n sakeonderneming te doen nie.”
VERLORE GETALLE
Wat toerismesyfers betref, het Namibië in 2003 net sowat 300 000 besoekers gehad; wat teen 2019 tot byna 1,6 miljoen geklim het.
Namibië is ook erg deur Covid-19 geraak en die syfers is ’n nekslag toegedien; in 2021 was aankomstesyfers steeds op die vlak van 2003 – nader aan 300 000.
“Terwyl aankomste toeneem, is die lugvervoer een van die beperkings, want ons beweeg waarskynlik nou teen die vlugkapasiteit wat ons voor Covid gehad het, waarskynlik op 60%.”
Hy het gesê die meeste van die lugrederye wat direk na Namibië gevlieg het, is tans nie operasioneel nie.
“Daar is dus baie min lugdienste wat tans in Namibië werksaam is. Trouens, as jy na Johannesburg kyk, het ons vroeër 12 vlugte per dag gehad tussen vier of vyf lugrederye wat gedeel is, maar nou is ons af na vier vlugte per dag. So, dit is dinge wat ons terughou wat toerisme-herstel betref.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie