Toeriste-aankomste styg met 98%
Ellanie Smit – Namibië het 539 601 aankomste vanuit die buiteland in 2022 aangeteken – ’n reusetoename van 99,4% vergeleke met 270 644 die vorige jaar.
Intussen het die aantal toeriste wat Namibië in 2022 besoek het tot 461 027 toegeneem, 98,1% meer as die vorige jaar se 232 756 besoekers. Dié syfer dui op ’n herstelkoers van 28,9% teenoor 2019 se statistiek vir toeriste-aankomste.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het die aankondiging gemaak toe hy die statistiekverslag vir toerisme vir 2022 bekend gestel het.
Die verslag het aangedui van die 539 601 buitelanders wat Namibië verlede jaar ontvang het, maak toeriste-aankomste 85,4% van dié totaal uit, uitstappies 12,3% en terugkerende besoekers en ander buitelandse reisigers onderskeidelik 1,2% en 1%.
Die redes vir toeriste se besoeke was hoofsaaklik vir om vakansie te kom hou (48,6%), sakeredes (15,2%) en om by vriende en familie te kuier (31,4%).
Die grootste aantal besoekende toeriste in 2022 was van Suid-Afrika (116 897), Angola (82 199), Duitsland (62 691), Zambië (25 041) en Botswana (19 761).
Volgens die verslag was daar ’n toename van 65,9% in toeriste-aankomste in 2022, vergeleke met 70 074 in 2021.
Die groep het 44,6% van die totale toeriste-aankomste uitgemaak.
SLEUTELMARK
Die Afrika- en Europese mark het met 57% gegroei, wat volgens die verslag die aantrekkingskrag van Namibië as ֹ’n bestemming vir buurlande en die Afrika-streek in geheel toon.
“Daarbenewens het die Europese, Amerikaanse, Asiatiese en ander markte hul bydrae tot die totale toeriste-aankomste in die land in 2022 meer as verdubbel vergeleke met 2021.”
Die Afrika-mark het 55% uitgemaak van die toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, Europa 33,6%, die Midde-Ooste en Oseanië 5,9%, Noord- en Suid-Amerika 3,8% en Asië 1,2%.
Statistiek het verder getoon dat Suid-Afrika ’n sleutelmark vir Namibië gebly het en sowat 25,4% van die totale toeriste-aankomste in 2022 ingebring het, gevolg deur Angola (17,8%) en Zambië (5,4%).
Daar was egter ’n afname in die gemiddelde lengte van verblyf in Namibië vanaf 24 dae in 2021 tot 16 dae die volgende jaar. Intussen word September tot Desember as die nuwe spitstyd vir internasionale toeriste bestempel ná Covid-19 en 53,1% van die totale aankomste was gedurende dié tydperk.
TOEGANG
Die meeste reisigers het steeds per voertuig aangekom aangesien dié manier van reis hoofsaaklik deur toeriste gebruik word wanneer hulle Namibië binnekom, en maak ongeveer 53,5% van die totale toeriste-aankomste uit.
Die meeste toeriste wat per vliegtuig hierheen gereis het, het via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) gekom, wat 44,1% van die totaal uitmaak.
Shifeta het gesê vanjaar se verbeterde getalle kan toegeskryf word aan die opheffing van reisbeperkings en verskeie lande se geleidelike verslapping van die reisverbod, gemak van toegang tot die land en pogings van verskeie belanghebbendes om Namibië as ’n toerismebestemming te bevorder.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie