Verwarring oor intentingsertifikaat vir reis na SA
'n Reiskennisgewing oor die nuwe Covid-19-regulasies wat uitgereik is deur die Suid-Afrikaanse regering vir grensposte tussen dié land en Namibië, sorg vir babelse verwarring in die toerismebedryf. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, sê HAN is bewus van die kennisgewing wat by grensposte opgeplak is en wat lui net inentingsertifikate en nié kaarte nie, word van Maandag 11 April aanvaar. Volgens Paetzold het HAN dit met die Namibiese ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste, asook internasionale betrekkinge opgeneem.
"Weens baie vals dokumente vereis Suid-Afrika nou inentingsertifikate met 'n QR-kode. Die probleem is egter dat Namibië nog nie sertifikate met 'n QR-kode kan uitreik nie, die ministerie van gesondheid werk nog daaraan. Die Pansbios Trusted Travel System (TTS)-stelsel kan ook inentingsbesonderhede oplaai, maar daar word ook probleme hiermee ondervind en dit word nie deur Suid-Afrika gebruik nie.
"Ek hoop regtig ons owerhede reik 'n verklaring uit om chaos môre (Maandag) by grense te voorkom. Die immigrasiebeamptes van Suid-Afrika sê mense sal dan 'n negatiewe toetsuitslag moet voorlê (sou hulle nie die sertifikaat het nie)."
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is vir kommentaar genader, maar het nie op vrae gereageer nie. Die ministerie van internasionale betrekkinge het in 'n antwoord op vrae gesê Namibië gebruik nie tans 'n Digitale Inentingsertifikaat nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie