Visumvrystelling ‘sal meer Chinese toeriste lok’

Stalletjie wenners word aangekondig
Verskeie seminare word tydens die Toerisme Ekspo aangebied.
Ellanie Smit
Namibië sal na verwagting ’n reusehupstoot in toerisme van China kry indien visumvrystelling aan Chinese burgers verleen ​​word.

Dit is volgens Loren Yan van die Chinese ambassade in Namibië wat tydens die Toerisme Ekspo oor kulturele ervarings tussen China en Afrika gepraat het.

Volgens Yan bestee die gemiddelde Chinese toeris sowat N$70 000 per jaar. Hy sê verder dat in 2019, voor die Covid-19-pandemie, 18 411 Chinese burgers Namibië besoek het, waarna daar ’n daling was tydens die pandemie en in 2022 het Chinese besoekers op 1 506 gestaan.

Yan het daarop gewys dat sommige van die spesiale kenmerke van Chinese toeriste na Namibië is dat hulle meer geld op duursame produkte bestee.

Hy het ’n paar wenke vir Namibië gegee om meer Chinese toeriste na Namibië te lok en gesê dat toeroperateurs moet kyk om sim- en datapakkette in te sluit sodat hulle nie tyd hoef te spandeer om dit by die lughawe te koop nie.

Vir hotelle het hy voorgestel dat pantoffels, Chinese aansluitproppe (adapters), warm drinkwater en selfs Chinese spyskaarte voorsien word.

Ander maniere om meer Chinese burgers te lok, het hy voorgestel, was om plaaslike kos op ’n Chinese manier te kook, om Chineessprekende toergidse te hê en om uitkloktye by verblyfgeriewe te verleng.

KAZA

Die uitvoerende direkteur van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza-TFCA), dr. Nyambe Nyambe, het oor Kaza gepraat en glo Kaza is ’n multimiljoendollar-belegging.

Hy het gesê dat Kaza talle uitdagings in die gesig staar, insluitend mens-dier-konflik, stropery, klimaatsverandering, onvoldoende navorsing, finansiering, armoede en die vermoë om lande te betrek, sowel as die plaaslike owerhede se rol om Kaza se agenda te bevorder.

Nyambe het ook gesê Kaza beslaan ’n gebied van 520 000 vierkante kilometer met ongeveer 2,5 tot 3 miljoen mense wat in die gebied woon.

Dit het 19 nasionale parke, 60 woudreservate, drie wêrelderfenisgebiede, drie Ramsar-terreine en 50% van die Afrika-olifantbevolking.

Volgens hom is Kaza se visie om ’n wêreldklas-oorgrensbewaringsgebied en toerismebestemming in die Kavango- en Zambezistreek te vestig binne die konteks van volhoubare ontwikkeling.

“TFCA’s gaan oor meer as die omgewing. Dit is ’n geleentheid om saam te werk om hindernisse tussen mense en lande te verminder en om vrede en stabiliteit oraloor die streek te bevorder.”

Nyambe het gesê forums moet geskep word om konsultasies te fasiliteer – wanneer dit nodig is.

STALLETJIEWENNERS

Die stalletjiewenners is ook gister tydens die ekspo aangekondig en die goue wenners sluit in Enjoy, die Namibiese Toerismeraad, Bushtec Sales and Distribution, Lefa Transportation Services, Africa Commercial Vehicles, Urban Massage Concept en die ambassade van Indonesië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!