TO BE TRANSFERRED: The Zambezi Waterfront Company is yet to be transferred despite a Cabinet decision taken in 2014 that it should resort under Namibia Wildlife Resorts.
TO BE TRANSFERRED: The Zambezi Waterfront Company is yet to be transferred despite a Cabinet decision taken in 2014 that it should resort under Namibia Wildlife Resorts.

Zambezi-waterfront se oordrag sloer

Proses reeds nege jaar aan die gang
Die regering het N$180 miljoen in die eerste fase van die toerismepark se ontwikkeling belê.
Iréne-Mari van der Walt
Ogone Tlhage – Die oordrag van die Zambezi Waterfront Development Company (ZWDC) sloer byna nege jaar ná ’n kabinetsbesluit om die entiteit aan Namibia Wildlife Resorts (NWR) te oorhandig.

Dit gaan gepaard met onsekerheid oor ZWDC se enigste direkteur, Regina Ndopu-Lubinda, aangesien sy glo alleen beheer oor dié maatskappy het en ook as sy enigste raadslid dien. Vrese bestaan ook na bewering dat Ndopu-Lubinda die entiteit se finansies beheer en alleen besluite neem.

“Die plek is gesluit soos ons nou praat. Die kabinet het besluit die maatskappy moet oorgedra word,” het Ndopu-Lubinda oor die bestuur van die fasiliteit gesê.

Die ministerie is volgens haar bewus daarvan dat sy as die maatskappy se enigste direksielid dien, en bygevoeg daar is geen rede om bekommerd oor korporatiewe wanbestuur te wees nie.

“Die ministerie is bewus daarvan. Ons doen slegs die instandhouding; ons is in die oorgangsfase. Ek hanteer die personeel. Ons hou net die fasiliteit in stand en verseker dat dit operasioneel is. Die strategiese besluite is reeds geneem en dié besluite moet net geïmplementeer word, dus word dit deur die betrokke ministeries hanteer,” het Ndopu-Lubinda geê.

MILJOENE BELÊ

Die regering het N$180 miljoen in die eerste fase van die Zambezi-waterfront-toerismepark se ontwikkeling belê.

Dit het die opruiming van die terrein, grootskaalse grondwerk, ingenieurswese, infrastruktuur, ’n administratiewe gebou, 15 bungalows, ’n kampeerterrein, konferensiegeriewe en wandelpaaie op 22 hektaar grond ingesluit.

Daarbenewens het die regering die afgelope twee jaar jaarliks N$20 miljoen vir bedryfsuitgawes opgedok.

Die park, wat op ’n hoog geleë stuk grond aan die oewer van die Zambezirivier geleë is, is grootliks ’n gasvryheidsentiteit, maar sal ook gemeenskapstoerisme-aktiwiteite, soos houtsneewerk, weefwerk en mandjiewerk, behels.

Dit is strategies geleë in Katima Mulilo wat aan Angola, Zambië, Zimbabwe en Botswana grens en saam die Kavango Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza) vorm.

Onder sommige van die voltooide infrastruktuur is ’n inligtingsentrum en bungalows wat reeds gaste akkommodeer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!