Aankondiging oor brandstofpryse kom Maandag
Die ministerie van myne en energie sal Maandag opnuut 'n nuuskonferensie oor wysigings in Namibië se brandstofpryse hou.
Pryse sal Woensdag verander.
Woordvoerder Andreas Simon sê "baie belangrike nuus" sal met die publiek gedeel word.
Met groot stygings in onlangse maande is verhogings vir die eerste keer by nuuskonferensies aangekondig, maar nie vir die afgelope maand nie. Pryse is toe onveranderd gelaat met 'n verhoging in die kleinhandelmarge nadat vulstasies gedreig het om hul pompe in verset te sluit.
Die nuuskonferensie vind Maandag om 10:00 plaas.
In Suid-Afrika word 'n verlaging van net meer as R2 per liter in die petrolprys verwag, maar minder skiet in die dieselprys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie