Chaos by Nakop-grenspos
’n Namibiese vervoermaatskappy het gistermiddag bevestig hul vragmotors het ure lank in ’n 30 km lange ry by die Suid-Afrikaanse Nakop-grenspos gewag om deurgelaat te word.
Sommige motoriste, vragmotors en busse met passasiers moes sedert Maandagoggend ure wag nadat die grenspos met kragonderbrekings gesukkel het.
Reisigers se paspoorte kon nie geskandeer word nie en is eers later deurgelaat nadat doeanebeamptes hul paspoorte per hand gestempel het. Buspassasiers, wat bejaardes en babas insluit, het later nie meer vars water en kos gehad nie, asook vee op bees- en skaapvragmotors wat ure lank in die son moes staan.
Volgens berigte ervaar die grenspos naby Ariamsvlei die afgelope twee weke kragonderbrekings weens Eskom se beurtkraguitdagings. ’n Kragopwekker is glo vir sekere ure by die grenspos ingespan, maar het probleme ondervind. ’n Tegnikus het glo later opgedaag om die kragopwekker te herstel, “maar dit is nou so dood soos ’n mossie”.
Die hoë verkeersvolume is ook as gevolg van sommige van die grensposte tussen Namibië, Botswana en Suid-Afrika wat tydelik gesluit is weens paaie wat deur die swaar reënneerslae beskadig is.
Vragmotors van die logistieke maatskappy wat gister om 14:00 by hul depot buite Windhoek moes gearriveer het, is toe eers deur die grenspos. Dit het veroorsaak dat vragte laat afgelaai word, met kliënte wat hoogs ontstoke is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie