• Tuisblad
  • Vervoer
  • Compion: FlyNamibia het nie Air Namibia-vliegtuie gekoop
NOT US: FlyNamibia managing director Andre Compion (right) says neither the company nor its associated entities bought or bid to buy Air Namibia planes. PHOTO: FlyNamibia
NOT US: FlyNamibia managing director Andre Compion (right) says neither the company nor its associated entities bought or bid to buy Air Namibia planes. PHOTO: FlyNamibia

Compion: FlyNamibia het nie Air Namibia-vliegtuie gekoop

Ook geen aanbod daarop gemaak
Ons is nie besig om vliegtuie te koop nie, ons verhuur dit, sê FlyNamibia se besturende direkteur.
Yandi Du Plessis
Hoofredaksie – Die plaaslike lugredery FlyNamibia het Maandag opnuut aangevoer hy het nie die gelikwideerde Air Namibia se vliegtuie gekoop of ‘n aanbod daarop gemaak nie.

Mnr. André Compion, besturende direkteur en mede-eienaar van FlyNamibia, het aangevoer sy maatskappy het nie die vliegtuie gekoop nie.

“Enige inligting tot die teendeel is eenvoudig onwaar,” het hy gesê.

Amptenare van Air Namibia het Maandag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die vliegtuie is verkoop, maar Compion het gesê sy maatskappy het nie ‘n hand in dié transaksies nie.

“Ons is nie besig om vliegtuie te koop nie, ons verhuur dit. Ons het nog nooit enige aanbod vir daardie vliegtuie gemaak nie en is nie deel van enige konsortium wat moontlik betrokke is nie,” het hy gesê.

Trouens, Compion was ontsteld oor die feit dat sy maatskappy skynbaar van onderduimse gedrag beskuldig is.

“Die Namibian Sun het na my uitgereik en ek het hulle verwys na een van die likwidateurs van Air Namibia, mnr. David Bruni, aangesien ek gevoel het dit is reg dat hy kommentaar moet lewer oor die transaksie rondom die Embraers en nie ek nie. Maar ek het spesifiek daarop gewys dat nóg FlyNamibia nóg Airlink die betrokke vliegtuie gekoop het. Was daar ‘n transaksie? Ja, maar nie met hierdie organisasies nie. Inteendeel, ek weet hierdie vliegtuie is aan ‘n sindikaat met Namibiese belange verkoop. Maar ek as besturende direkteur van FlyNamibia kan vir jou sê hoewel die transaksie bewerkstellig en waarskynlik reeds voltooi is, is dit nie transaksies wat met FlyNamibia verband hou nie.”

Dit volg op bewerings deur die lugvaartvennote Progress Aviation en AB Airlines nadat Bruni & McLaren CC, die likwidateurs van die bankrotredery, glo geweier het om die aanbod te oorweeg wat die vennote gemaak het vir twee Embraer 135-stralers – wat hulle van plan was om te koop ná Air Namibia se ondergang verlede jaar.

Dié bewerings is gemaak in 'n brief, gedateer 15 November, aan die waarnemende minister van openbare ondernemings, mnr. Iipumbu Shiimi.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!