‘Discover Airlines wil ’n sterk en betroubare vennoot wees’
Nadat Namibia Media Holdings (NMH) berig het oor beweerde swak diens van die lugredery en Lufthansa-filiaal, Discover Airlines, het die lugvaartmaatskappy se direkteur van korporatiewe kommunikasie en sy woordvoerder, Leonie Bueb, op navrae gereageer.
Terwyl sy mediaskakels gestuur het, was daar geen inligting van waarde oor die vlugte na Namibië nie, wat sedert November 2023 herhaaldelik vertraag of bloot gekanselleer is.
“Dit spreek vanself dat ons prioriteit is om al ons vlugte betroubaar en op skedule te bedryf. Ons is bewus daarvan dat enige vertragings of kansellasies ongerieflik vir ons kliënte is, waarvoor ons om verskoning vra. Ongelukkig, as gevolg van weerstoestande, operasionele prosesse (dikwels buite ons beheer aangesien dit vennote en diensverskaffers behels) en tegniese voorvalle, kan dit nie altyd heeltemal vermy word nie,” het Bueb geskryf.
“Jy is reg as jy sê dat dit die afgelope twee maande meer gereeld gebeur het. Dit strook ook nie met ons standaarde nie,” het sy ook geskryf en verduidelik dat sulke kansellasies meer opvallend is op veral die Windhoek-roete. Windhoek word tien keer per week bedien, en is “een van Discover Airlines se gewildste roetes”.
In reaksie op NMH se vraag oor hoe Lufthansa of Discover Airlines homself aan sy kliënte regverdig en/of vergoeding verskaf, het Bueb geantwoord: “Al ons kliënte het die reg om op te staan vir hul eise ingevolge EU 261 van die passasiersregte-regulasies – beide in die geval van vertragings en kansellasies. Dit is sedert 2005 in Europa gestandaardiseer. Kliënte kan hierdie eise maklik deur ons kliëntediens opvolg.”
Sy het die volgende internetadres verskaf: Kontaktformular - Discover Airlines (discover-airlines.com).
Kliënte kan ook die dienssentrum direk by die lughawe kontak in gevalle waar vlugreëlings op kort kennisgewing verander word.
“Ons sal ook al die kliënte wat kontakbesonderhede in hul bespreking verskaf het, skriftelik in kennis stel.”
Sy het beklemtoon dat die kantoor in Johannesburg “nie verantwoordelik is vir Discover Airlines se bedrywighede in Windhoek nie”.
Waarom die telefoon in Johannesburg onbeantwoord bly – iets wat maklik kan bydra om so ’n misverstand by die passasiers uit die weg te ruim – het onbeantwoord gebly.
Daar is in die onlangse artikel berig dat verskeie mense gekla het oor “tariewe wat toenemend styg en vertragings wat voortdurend voorkom”.
NMH wou spesifiek weet hoekom vlugte se koste nie gesak het nie, al was die soms verdubbelde tarief voorheen geregverdig deur die verminderde besetting van die vlugte as gevolg van die Covid-19-pandemie.
Die besetting het lankal herstel en die prys van olie het immers nie verdubbel sedert die pandemie nie. In reaksie het Bueb gesê dat “die prys deur vraag en aanbod bepaal word”.
Dié reaksie blyk nie die bewering teen te werk wat derde partye aan die koerant gemaak het, wat Discover Airlines daarvan beskuldig het dat die redery sy oënskynlike monopolie misbruik het.
Sy sê ook: “Windhoek is die derde bestemming ooit wat by Discover Airlines se vlugskedule gevoeg is ná sy bekendstelling in die somer van 2021. Windhoek is tot vandag toe een van ons belangrikste roetes en het ’n spesiale (ook emosionele) waarde vir ons lugdiens. Daar is geen bestemming waarna ons meer gereeld vlieg as Windhoek nie. Ons doel is om ’n sterk en betroubare vennoot vir Namibië te wees.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie