Energiefonds steier saam met verbruiker
Nog rekordverhogings in brandstofpryse is gister aangekondig midde 'n voortgesette onvermoë van die Nasionale Energiefonds om internasionale prysskokke namens verbruikers te absorbeer.
Petrol se prys styg op 6 April met N$1,95 per liter en die van diesel met 'n hele N$2,95 per liter.
Laasgenoemde verhoging het gister 'n siddering deur die landbou en ander sektore gestuur. Vervoerinflasie het in Februarie op 13,2% gestaan.
Diesel kos nou meer as N$20 per liter. Pomppryse in Walvisbaai verander Woensdag na onderskeidelik N$19,10 en N$20,23 per liter vir petrol en diesel wanneer verhogings van onderskeidelik 11% en 17% in werking tree.
Die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, het gister gesê die regering onderhandel met belanghebbendes oor die moontlike tydelike opheffing van sekere heffings op brandstofpryse om die verbruiker te beskerm. Plaaslike heffings en belastings maak 42% van die petrolprys uit en 55% van diesel se prys.
Dit is die tweede keer dat verhogings tydens 'n perskonferensie aangekondig word eerder as met die tradisionele nuusvrystelling.
MASSIEWE VERLIESE
Volgens die direkteur van die Nasionale Energiefonds, me. Saima Neka, is N$1.2 miljard sedert April 2021 ingespan om die koste van brandstof te subsidieer. Simonis Storm Securities beraam die onderverhaling in Maart op sowat N$390 miljoen.
Ekonoom Theo Klein wys uit dat die petrolprys binne 12 maande met 51% gestyg het en die dieselprys met 60%.
Onderverhaling is tans steeds groter as die jongste prysverhogings, naamlik N$2,20 per liter petrol en N$3,59 per liter diesel.
Neka sê 'n bykomende N$72 miljoen is vir vervoer betaal om pryse vir inwoners van landelike gebiede te verlig.
Volgens die ministerie vererger sanksies teen Rusland as gevolg van die oorlog in die Oekraïne steeds onstuimighede in die mark. Produksie kan eenvoudig nie in aanvraag voorsien nie en volgens die ministerie moet genoeg kontant by die pomp gegenereer word om te verhoed dat toevoer opdroog. Oliehandelaars is toenemend onwillig om krediet toe te staan.
Die ministerie sê 'n vat petrol het van 1 tot 24 Maart gemiddeld US$129,89 gekos teenoor US$109,03 aan die einde van Februarie. Diesel het US$144,67 per vat gekos in vergelyking met US$109,33 in Februarie. Dit verteenwoordig toenames van onderskeidelik US$20 en US$35 per vat.
'n Effense versterking in die rand kon nie die impak van die internasionale olieprys demp nie.
Volgens Klein ondersteun Simonis Storm die idee om heffings op te skort. Hy sê sulke heffings kan heringestel word wanneer oliepryse weer normaliseer.
Aan die positiewe kant wys Klein uit dat die prys van Brent-olie volgens voorspelling na verwagting nie meer by US$180 tot US$200 sal piek nie, maar eerder by 'n laer US$125 tot US$135 per vat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie