Fly Etosha wil in Junie opstyg
Ander lugredery 'bloot mededingend'
Die redery se verteenwoordiger sê die maatskappy het alle voorneme om binnekort operasioneel te word.
Ogone Tlhage - Die nuwe redery Fly Etosha beoog om teen Junie in die lug te wees indien al sy sake in orde is.
Dit volgens Fly Etosha se verteenwoordiger, William Ekandjo, wat gesê het die maatskappy het alle voorneme om binnekort operasioneel te word, “ten spyte van ’n vroeëre poging deur die plaaslike lugvaartmaatskappy FlyNamibia om sy planne uit te daag”. FlyNamibia het sedertdien sy besware laat vaar.
Volgens Ekandjo voldoen Fly Etosha aan al die regulatoriese vereistes om ’n lugredery te word.
FlyNamibia se beswaar was bloot te wyte aan die mededingende aard van die lugvaartbedryf, het hy gesê.
Dokumente is deur FlyNamibia en Westair se prokureursfirma, Ellis en Vennote, ingedien om Fly Etosha Airways se aansoek om niegeskeduleerde vlugte aan te bied, teen te staan.
Luidens die dokumente het Ekandjo versuim om voldoende bewys te lewer dat hy ’n veilige, voldoende en betroubare lugdiens sal kan verskaf, veral in terme van volhoubaarheid, reëlmatigheid, stiptelikheid, redelike heffings en algemene doeltreffendheid.
FOKUS
“Ons fokus is op wat ons doen. Dit is ’n veld wat ons baie goed ken, so ons het ons nie eens gesteur [aan FlyNamibia se beswaar] nie, want ons gaan in vir kompetisie,” het Ekandjo gesê.
“Ons voldoen aan alle vereistes,” het hy bygevoeg.
“Fondse, kan ’n mens miskien sê ‘is nie genoeg nie’, maar watter bedrag [sal genoeg wees], want ons kan al die fondse insamel.”
Die span agter Fly Etosha was ewe opgewasse, het hy gesê.
“In terme van regulatoriese vereistes is ons topklas. Ons het al so veel jare aan hierdie vereistes voldoen. Ons sal seker maak die lugredery vlieg binne twee jaar oraloor die wêreld,” het hy bygevoeg.
Ekandjo het erken Fly Etosha mag dalk nie dadelik alle vliegtuigtipes wat hy nodig ag vir sy bedrywighede bekom nie, maar het gesê dit is nie ’n bekommernis om operasionele goedkeuring te kry nie.
‘EK HET DIE NAAM UITGEDINK’
Ekandjo het verder beweer hy het aanvanklik met die naam FlyNamibia vorendag gekom.
“Ek het die papierwerk vir FlyNamibia gehad. Tot my verbasing het ek gehoor ek moet wegkom van daardie naam af, want daardie naam is as handelsmerk geregistreer en ek het voorsien dat hierdie ding lank gaan vat.
“As ek regtig mik om teen hierdie jaar ’n lugdienslisensie te hê, ’n lugredery wat vanjaar van die grond af moet kom, dink ek ek moet dit opsy skuif,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie