DOWN BUT NOT OUT: Fly Etosha founder Willem Ekandjo.
DOWN BUT NOT OUT: Fly Etosha founder Willem Ekandjo.

Fly Etosha wil nuwe lisensieaansoek indien

Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Fly Etosha sal opnuut om ’n lugvervoerlisensie aansoek doen sodra dit die tekortkominge wat die Namibië Vervoerkommissie geïdentifiseer het, uit die weg geruim het.

“Ons aansoek is afgekeur hangende kwessies wat geïdentifiseer is. Ons is besig om die kwessies wat die kommissie uitgewys het reg te stel,” het Fly Etosha se verteenwoordiger, William Ekandjo, gesê oor die status van die lugredery.

Volgens Ekandjo sal die proses om die kwessie reg te stel waarskynlik binne ’n maand afgehandel word, waarna ’n lisensie-aansoek weer ingedien sal word.

“Ek kan nie sê hoe lank die proses sal neem nie, maar kom ons sê min of meer ”n maand of wat,” het hy gesê.

MEDEDINGING

Ekandjo het voorheen gesê Fly Etosha voldoen aan al die kriteria in terme van die regulatoriese vereistes om ’n lugredery te word.

FlyNamibia en Westair se prokureursfirma, Ellis en Vennote, het voorheen Fly Etosha se aansoek om niegeskeduleerde vlugte aan te bied, teengestaan.

FlyNamibia se beswaar was bloot te wyte aan die mededingende aard van die lugvaartsektor, het Ekandjo gesê.

FlyNamibia en Westair het sedertdien hul beswaar teen Fly Etosha se lisensie-aansoek teruggetrek.

“Ons fokus is op wat ons doen. Dit is ’n veld wat ons baie goed ken, so ons het ons nie eens gesteur [aan FlyNamibia se beswaar] nie, want ons gaan in vir mededinging,” het Ekandjo gesê.

“Ons voldoen aan alle vereistes,” het hy bygevoeg.

“Fondse, kan ’n mens miskien sê ‘is nie genoeg nie’, maar watter bedrag [sal genoeg wees], want ons kan al die fondse insamel.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!