Foto verskaf
Foto verskaf

FlyNamibia kry erkenning

Meer vlugroetes op pad
Die Namibiese redery is aangewys as een van die toptien lugrederye in Afrika.
Iréne-Mari van der Walt
Die plaaslike redery FlyNamibia is aangewys as een van die toptien lugrederye in Afrika deur Business Insider. Dit volg op ’n studie wat S Money, ’n aanlyn wisselkoersberekeningsdiens, onlangs uitgereik het.

Hierdie studie is deur middel van kunsmatige intellegensie (KI) uitgevoer en het twiets op die sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) wat aan lugrederye wêreldwyd gerig is, ontleed. Daarvolgens is klante se tevredenheid met die onderskeie lugrederye bepaal.

“Ons is verheug om as ’n top-lugredery erken te word na so ’n kort tyd in die bedryf. Die benoeming dien as bewys van ons verbintenis tot die verskaffing van veilige, doeltreffende en stiptelike lugreise op al die roetes wat ons aanbied,” het FlyNamibia se uitvoerende direkteur, André Compion, gesê.

Compion het die geleentheid gebruik om sy lof uit te spreek vir FlyNamibia se personeel. “Sukses in die lugvaartbedryf begin en eindig by die mense wat by die besigheid betrokke is. FlyNamibia is trots op die opleiding en werk wat verskaf word aan die room van die Namibiese lugvaartpersoneel in hierdie bedryf. Van ons vlieëniers, kajuitpersoneel, grondpersoneel en instandhoudingspersoneel tot ons senior bestuur kan ons met vertroue sê ons het die mees toegewyde en professionele span in plek,” het hy gesê.

Compion meen hierdie erkenning sal FlyNamibia se personeel aanmoedig om hul toewyding voort te sit.

“Om teen die beste in die Afrika-lugdiensbedryf gemeet te word en as een van die toptien erken te word, dien as groot motivering vir al ons werknemers en bevestig ons reputasie as ’n toonaangewende lugredery aan die publiek.”

Compion voeg by FlyNamibia sal, in ’n poging om die voortou in dienslewering te behou, eersdaags vlugte tussen Kaapstad en Walvisbaai aanbied. Vlugte tussen die Victoria-valle en die Angolese hoofstad Luanda word ook vir 2024 beplan.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!