V.l.n.r. Lî Rossouw, Yolanda Gawases en Elsa Martin. Foto Facebook/ FlyNamibia Airline
V.l.n.r. Lî Rossouw, Yolanda Gawases en Elsa Martin. Foto Facebook/ FlyNamibia Airline

FlyNamibia maak geskiedenis

Iréne-Mari van der Walt
FlyNamibia het gister sy heel eerste vlug met ’n bemanning wat slegs uit vroue bestaan het, gevier.

Kaptein Elsa Martin en eerste offisier Lî Rossouw, waaroor Republikein al voorheen berig het, het saam met Yolanda Gawases as kajuitbemanning gevlieg.

Elsa is ’n ervare vlieënier en is in Oktober verlede jaar as kaptein by FlyNamibia aangestel en het hul eerste vrouekaptein geword.

Lî besit ook ’n besigheid wat sy saam met haar vriendin Belinda Hoebes bedryf. Hul besigheid, Cheeky, verkoop swemklere en het ten doel om vroue van verskillende groottes en liggaamstipes gemaklik in hul vel te laat voel.

“Dit was nog altyd vir ons belangrik om inklusief te wees en te sorg dat elke vrou gemaklik en mooi kan voel. Ná ons die eerste keer ons produkte bekend gestel het, het iemand vir ons ’n boodskap gestuur wat ontevrede was omdat die grootste nommer ’n XL was,” het Lî verlede jaar in ’n onderhoud met Republikein gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!