Groen lig vir lughawens
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het suksesvol die vliegveld-sertifiseringsproses (Aerodrome Certification) vir die Internasionale Lughawe Hosea Kutako asook die Walvisbaai-lughawe voltooi. Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het die sertifikate verlede week ingevolge die verwante bepalings van die Namibië Burgerlugvaartregulasies (Namcars) aan die NAC uitgereik.
Die sertifiseringsproses sluit in openbare konsultasies, evaluering van die handleiding, die verifiëring van geriewe en toerusting op die perseel, bevindinge wat uitgereik is, sowel as die indien en implementering van die korrektiewe aksieplanne. Die sertifikate vir die twee internasionale lughawens is tot 5 Desember 2025 geldig.
“Ons is dankbaar om die sertifikate te ontvang en pogings – in samewerking met rolspelers – te versterk om kliënte se ervaring ten opsigte van veiligheid en sekuriteit by ons lughawens te verhoog,” sê die NAC se uitvoerende hoof, Bisey /Uirab.
Die Eros- en Andimba Toivo ya Toivo-lughawe val ook onder die sertifiseringsproses, met hul tydelike lisensies wat middel-2024 verval.
Die sertifiseringsproses verskaf aan operateurs van beide die lughawens en die vliegtuie dokumentasie wat onder meer bevestig dat die geriewe veilig is om te gebruik en voldoen aan die verwante standaarde en voorgestelde praktyke en regulasies. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie