Hoër reistariewe hou reisigers in Noorde gestrand
Koste kelder reisplanne
In Ondangwa is van reisigers verwag om N$750 op te dok vir 'n reis na Rosh Pinah, plus ekstra vir hul bagasie.
Diegene wat vanuit die noorde van Namibië reis, moet nou tot N$700 opdok vir ’n reis na Walvisbaai – in vergelyking met die gebruiklike tarief van N$450.
Pryse het die hoogte ingeskiet ná die feesseisoen, met vele reisigers wat desperaat is om betyds terug by die werk te wees.
Daar was Maandag nie plek vir ’n muis by Oshakati se vertrekpunte, Okatana-diensstasie en Aupa Indongo-mark, nie.
Die meeste reisigers was gefrustreerd weens die gebrek aan bekostigbare vervoer, terwyl busbestuurders geweier het om hul nuwe pryse te verlaag.
By Okatana, waar talle inwoners op openbare vervoer na verskeie binnelandse bestemmings klim, het net twee busse en ’n volgelaaide sewesitplekvoertuig Maandag verbygekom.
Terwyl polisiebeamptes Sondagaand besig was om die gebied te patrolleer om chaos te verhoed, was daar Maandag geen polisieteenwoordigheid nie.
Die Oshanastreek se polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, het simpatie met reisigers uitgespreek, maar het gesê die polisie het geen mandaat om vervoerpryse te beheer nie.
‘EK SAL WAG’
Wilhelmina Haiduwa, wat in Walvisbaai werk, het gesê sy sukkel al dae lank om vervoer te kry.
Sy het Maandagoggend vanaf Outapi gereis omdat sy glo nie die pryse daar kon bekostig nie.
“Ek het vanaf Okahao gereis. Hulle het my gevra om N$670 en N$690 te betaal, so ek het gedink miskien is Oshakati beter. Hier kos dit N$600. Die normale prys om na Walvis te reis, is N$450.
“Ek sal wag vir iemand wat goedkoper is. Hierdie pryse is buite my begroting,” het sy gekla.
Diegene wat na Swakopmund, Walvisbaai en Oranjemund gereis het, het ’n busbestuurder wat ’n fooi van N$600 na Swakopmund gevra het, weggejaag. Slegs een persoon het op die bus geklim, met ander wat slegs bereid was om N$500 te betaal.
Die protesteerders het ook gesê hulle sal eerder vir ander busse wag.
Die busdrywer – wat duidelik geïrriteerd was – het weggery terwyl hy geskree het dat hy niemand dwing om op sy bus te klim nie.
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), Pendapala Nakathingo, het onlangs ’n beroep op langafstandbestuurders gedoen om hul tariewe redelik te hou, maar sy versoek het klaarblyklik op dowe ore geval.
EERSTE SKOOLDAG
Hamunyela Ihula, ’n graad 8-leerder aan die Otjiwanda Sekondêre Skool, het vanaf Outapi gereis en net voor 12:00 by Okatana aangekom. Teen 14:00 het hy steeds nie ’n vervoergeleentheid saam met sy jonger boetie (11) gekry nie.
Die twee is op pad na Grootfontein.
Die staatskole open vandag en die twee het Maandag gesê hulle hoop om voor dan ’n bus huis toe te haal.
BAGASIE KOS EKSTRA
In Ondangwa het ons susterkoerant Namibian Sun gesels met Bonita Shimuningeni en Elikan Paulus, leerders aan die Tsau/Khaeb Sekondêre Skool, wat sowat drie uur lank vir ’n bus vanaf Oshakati gewag het.
Die twee was op pad na Rosh Pinah en sou na verwagting eers gister by hul bestemming aankom voor die skool vandag begin.
Paulus was ontevrede met die hoë tariewe en sê hulle sou tevore N$600 betaal, maar moet nou N$750 betaal vir ’n sitplek en ’n ekstra bedrag vir hul bagasie, wat wissel na gelang van hoeveel sakke hulle het.
“Die prys is redelik duur gegewe die feit dat die skool begin en ons nog skryfbehoeftes moet koop,” het Shimuningeni bygevoeg.
Die leerders, wat gekla het dat hulle uitgebrand voel, het gesê hulle sal nie tyd hê om vir hul eerste skooldag voor te berei nie, en was bekommerd dat hulle dit dalk glad nie sou maak nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie