Karweier se eiendom onder die hamer
Miljoene dollars se erwe kan op gebie word
Die nasionale spoorweg-staatsonderneming bied kommersiële erwe op veiling aan wat nie vir kernbedrywighede benodig word nie.
Eiendom van TransNamib ter waarde van ongeveer N$40 miljoen kom vanoggend onder die hamer.
Pro-Ex Afslaers bied die veiling om 10:00 by Arebbusch Travel Lodge in die hoofstad aan. Biëers kan vanaf 08:00 registreer en moet ’n terugbetaalbare registrasiefooi van N$10 000 betaal.
Die persele wat op veiling is, is onder meer in Windhoek, Okahandja, Seeis, Otavi, Karibib, Omaruru, Otjwarongo, Maltehöhe en Keetmanshoop geleë. Besonderhede is op Pro-Ex se webwerf beskikbaar.
In Windhoek word ’n parkeerterrein van 2 628 m² naby die Windhoek-treinstasie vir N$6,57 miljoen opgeveil, te same met ’n werkswinkel en kantore op Hosea Kutako-rylaan vir N$5,23 miljoen en ook erf 3577 met ’n stuk spoorlyn op naby die oop grond langs die Wernhil-inkoopsentrum in die middestad.
Teen gisteroggend was Erf A-237 ook nog op veiling teen ’n waardasieprys van N$7,25 miljoen vir die kantoorsentrum, maar teen gisternamiddag was dit nie meer ingesluit by ander persele wat beskikbaar is nie.
Plaas Seeis 134 met die Seeis-spoorstasie is vir N$870 000 gewaardeer.
Op Okahandja word drie erwe opgeveil, insluitend Erf 483 (5 548 m²) wat vir N$830 000 gewaardeer is, Erf 514 (2 133 m²) is sowat N$745 000 werd, en Erf 399 waar die stuk oop grond van 1 796 m² vir N$324 000 gewaardeer is.
Op Otavi word verwag dat TransNamib se Erf 439 van 2 770 m² vir sowat N$500 000 verkoop sal word, Erf 438 (5 370 m²) vir sowat N$270 000 en Erf 435 (18 584 m²) vir N$800 000.
Vier erwe word op Karibib opgeveil, met Erf 198 (159 985 m²) wat vir N$3 199 700 gewaardeer is.
Erf 189 (23 296 m²) is vir N$350 000 gewaardeer, terwyl Erf 202 (7 794 m²) langs die spoorlyn geleë is wat deur die dorp loop. Sy waarde word op N$80 000 geraam. Ook Erf 151 op Karibib wat oop is en sowat 40 000 m² beslaan se waarde word op N$560 000 geraam.
Op Omaruru is agt erwe te koop vir ’n geraamde waardasie van meer as N$2,89 miljoen, met Erf 322 van 17 496 m² in Uitbreiding 3 wat vir N$875 000 gewaardeer is.
Drie erwe word op Otjiwarongo verkoop waarvan die grootste Erf 159 is, wat teen 114 162 m² ’n waarde van bykans N$6,28 miljoen kan behaal. Dit is in pas met nywerheidsontwikkeling.
Op Maltahöhe verkoop TransNamib Erf 8 van 12 904 m² en verwag sowat N$795 000 vir die bestaande sakegebou. Dit sluit ’n restaurant, winkel, stoorkamers en ablusiegeriewe in.
Op Keetmanshoop bied TransNamib Erf 114 (5 870 m²) aan wat as kerk en skool gebruik word en ongeveer N$2,7 miljoen by die veiling kan invorder. Kantore en woonstelle op erf 109 (6 941 m²) kan ook meer as N$2,7 miljoen vir die staatsonderneming genereer wat ook die kleiner Erf 115 op die dorp opveil.
Selfs as die veiling vlot verloop, sal dit nie dié spoorvervoerder uit sy finansiële verknorsing kan help nie.
TransNamib se uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, het vroeg vandeesmaand gesê die maatskappy ly verliese van meer as N$10 miljoen per maand.
TransNamib is ook vasgevang in ’n greep van ’n landswye staking. Die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) het op 17 Augustus toerusting neergelê na onderhandeling oor salarisverhogings ’n doodloopstraat bereik het.
Die vakbond het gister met TransNamib se bestuur ontmoet. Volgens TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, was onderhandelinge gistermiddag kort voor 17:00 steeds aan die gang. Natau se waarnemende algemene sekretaris, me. Narina Pollmann, het gesê dit was nog te vroeg om kommentaar te lewer.
“Al wat ek kan sê is dat ons vorder,” het sy bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie