Leiers in lugvaart ontmoet in Windhoek
Gevallestudies, uitstalling aangebied
Volgens tradisie wat oor die laaste agt jaar van Aviadev se bestaan gevestig is, sal daar volgende Vrydag vir liefdadigheid gestap word.
Lugvaartleiers van oraloor die wêreld vergader vanaf 19 Junie tot 21 Junie in Windhoek vir die 2024 Lugvaartontwikkeling (Aviadev) Afrika-konferensie waarvan die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) die gasheer is.
Meer as 41 lugrederye van 46 lande en tot 385 afgevaardigdes woon die konferensie by wat die Yamoussoukro-besluit ondersteun vir ’n Enkele Lugvervoermark (SAATM) in Afrika en streef vennootskappe na wat sal help om nuwe geleenthede vir die vasteland se ontwikkeling en vooruitgang van lugvaart te skep.
Volgens die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), Bisey Uirab, sal die kundigheid en kollektiewe deelname van lugvaartleiers, “ongetwyfeld tot impakvolle uitkomste lei om lugverbindings na, van en binne Namibië en Afrika te verbeter”.
Onder die gassprekers wat NAC se woordvoerder, Dan Kamati, Maandag bevestig het aan die konferensie gaan deelneem, is Relifwe Ledwaba, Suid-Afrika se eerste swart vroue- helikoptervlieënier en stigter van Girls Fly Africa. Saam met haar sal Sanjeev Gadhia, die stigter van Astral Aviation; Marcel Langeslag, die direkteur vir Afrika-lugvaart vir die Nederlandse lughawenskonsultante; Ato Girma Wake, die voorsitter van Ethiopian Airlines; Eduardo Fairen, TAAG se uitvoerende hoof; en Aaron Munetsi, die hoofbeampte van die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika, ook ’n spreekbeurt by die geleentheid kry.
Volgens Kamati kan die publiek ook na ’n verwante uitstalling by die Mövenpick Hotel (voorheen die Safari Hotel) in die hoofstad uitsien.
Op die propvol program word gevallestudies van lughawens soos die Kaapse Wynland-lughawe, die private Lanseria-lughawe in Johannesburg, en Botswana en Zambië se lughawebestuursowerhede aangebied.
Lughawe-eiendom en lugrederyroetes is twee fokuspunte waarop afgevaardigdes sal konsentreer.
Verder sluit die program ook besprekings in oor geleenthede, komende verwikkelinge, die Namibiese lugvaartlandskap en doelwitte wat deur die adjunk- eerste minister en minister van werke en vervoer, John Mutorwa, voorgelê is.
Die ekonomie, vliegtuigfinansiering en die mark, Afrika se onbediende roetes, KI en tegnologie, veiligheid en nuwe energiebronne, kom ook onder die loep.
Volgens tradisie wat oor die laaste agt jaar van Aviadev se bestaan gevestig is, sal daar Vrydagoggend vir liefdadigheid gestap word.
Die geld wat vanjaar ingesamel word, is om laboratoriumtoerusting vir elektroniese ingenieursopleiding aan die Namibië Lugvaartopleidingsakademie (Nata) te skenk.
Nadat Nata se direkteur Tangeni Shakumu later dié oggend sy voorlegging sal doen, sal FlyNamibia se besturende direkteur, Andre Compion, met Tim Harris gesels oor dié lugredery se toekomsplanne en uitbreidings.
Die toekenning van die lewenslange prestasie-toekenning vir bydrae tot roete-ontwikkeling in Afrika sal ’n hoogtepunt van die laaste dag van die geleentheid wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie