Lugredery trek nuwe baadjie aan

Eurowings Discover hernoem na Discover Airlines
Die transformasie strek verder as net 'n naamsverandering; dit behels 'n volledige visuele opknapping.
Jemimah Ndebele,Tanja Bause
Jemimah Ndebele – Eurowings Discover se direkteur van produk en bemarking, Maximilian Meintgens, het Vrydag amptelik die lugredery se hernoeming na Discover Airlines by Midgard aangekondig.

Dié lugredery, wat aanvanklik tydens die pandemie gestig is as ’n Lufthansa-filiaal onder die Eurowings-handelsmerk, het sedert Julie 2021 aansienlike groei en integrasie ondergaan, het hy gesê.

Die lugredery het oor die afgelope twee jaar vinnig gegroei en het sedert sy ontstaan in Julie 2021 ’n volledig geïntegreerde ontspanningslugredery van hoë gehalte in die Frankfurt- en München-spilpunte geword.

“Ons is verheug om aan te kondig dat Eurowings Discover nou Discover Airlines genoem word. Ons het na ons kliënte geluister en verskeie veranderinge aangebring om die passasierservaring te verbeter, soos onder meer komberse in die ekonomiese klas bekend te stel. Ons doel is om alles te doen om vlieg ’n plesier te maak,” het Meintgens gesê.

Die transformasie strek verder as net ’n naamsverandering; dit behels ’n volledige visuele opknapping. Die nuwe ontwerp put inspirasie uit die ontmoeting van die lug en die landskap, gekenmerk deur “horisonne” wat bestaan uit verskeie skakerings van blou en ’n sonnige geel. Dié kontemporêre dog gesofistikeerde ontwerp weerspieël die kern van reis, wat veelsydigheid en die vreugde van verkenning beklemtoon.

Passasiers sal binnekort die transformasie kan sien, aangesien oorgeverfde vliegtuie met die nuwe handelsmerk, vanaf vandeesmaand in die lug sal pryk.

Marco Götz, die hoofinkomstebeampte, het die lugdiens se groei en toewyding aan Namibië beklemtoon en gesê: “Namibië is een van ons belangrikste markte, en daarom het ons besluit om die verandering hier bekend te stel nadat dit in Duitsland gedoen is.

“Ons het tans 2 000 werknemers in diens en het 22 vliegtuie wat operasioneel is, met planne om verder uit te brei, insluitend die opening van ’n München-basis.”

Discover Airlines het ’n sterk teenwoordigheid in Namibië gehandhaaf en het tot dusver meer as 270 000 passasiers bedien, met ’n aansienlike aantal besprekings vir premium- of besigheidsklasvlugte. Ten spyte van die uitdagings wat die pandemie teweeg gebring het, het die lugredery voortgegaan om na Namibië te vlieg, wat die belangrikheid van die Namibiese mark beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!