FOTO UNSPLASH
FOTO UNSPLASH

Lugvaart op die herstelpad

Toename van tot 85% in Afrika
Wêreldwyd is lugverkeer nou op 74,2% van Oktober verlede jaar se vlakke.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Verkeer van lugrederye in Afrika het met byna 85% toegeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.

Volgens die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het Oktober se kapasiteit met 46,9% gestyg. Iata verteenwoordig sowat 290 lugrederye wat uit 83% van globale lugverkeer bestaan. Die vereniging se statistieke dek internasionale en plaaslik geskeduleerde lugverkeer vir Iata-lede sowel diegene wat nie lede van die vereniging is nie.

Die positiewe groei in lugverkeer word ook gesien in die totale verkeer vir Oktober wat gemeet word in inkomste-passasiers-kilometers, ofte wel RPK’s, wat met 44,6% toegeneem het. Wêreldwyd is lugverkeer nou op 74,2% van Oktober verlede jaar se vlakke.

Streng Covid-19-verwante reisbeperkings in China het egter ’n demper geplaas op globale syfers wat met 0,8% gedaal het. Plaaslike lugreise staan tans op 77,9% van verlede jaar se vlak. Besprekings vir die toekoms bly op sowat 70% van die vlak voor die aanvang van die wêreldwye Covid-19-pandemie.

Die prentjie lyk baie meer rooskleurig vir internasionale reise wat met meer as 102% gestyg het, veral in die Asiatiese Stille-Oseaan-streek. Die goeie nuus duur voort met besprekings vir internasionale reise wat tans op 75% van die vlak voor die Covid-19-pandemie staan, nadat verskeie Asiese ekonomieë weer heropen het.

Volgens Iata se direkteur-generaal, Willie Walsh, is lugvaart in Oktober reeds in die stadige herfsreisseisoen in die Noordelike Halfrond.

“Dit is daarom gerusstellend om te sien aanvraag en besprekings gaan voort om so sterk te wees. Dit is ’n goeie teken vir die komende winterseisoen en die voortgesette herstel van die bedryf,” het hy gesê.

Lugrederye in die Asiatiese Stille-Oseaan-streek lei die opmars na ’n herstel in lugreise en -verkeer met ’n groei van 440% in Oktober teenoor dieselfde tyd verlede jaar wat egter ’n baie lae basis gehad het. Kapasiteit het met 165% gestyg. Lugrederye in Europa se verkeer het met 60% toegeneem, dié in die Midde-Ooste met 114% en in Noord-Amerika met meer as 105%.

Lugredery in Australië se plaaslike verkeer het met byna 300% toegeneem.

Walsh het gemaan regerings moet aandag skenk aan die boodskap dat lugverkeer wesentlik is in hoe mense leef en werk.

“Dié werklikheid moet beleidsrigtings dryf om lugvaart in staat te stel om so doeltreffend as moontlik te funksioneer. Dit terwyl die bedryf se doelwitte vir die vrystelling van zero uitlaatgasse teen 2050 ondersteun word met betekenisvolle aansporings om die produksie van volhoubare lugvaartbrandstof aan te moedig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!