A OKAY: Namibia Airports Company CEO Bisey /Uirab does not expect Namibia to run into any significant problems ahead of an International Civil Aviation Organization which will be conducted next year.
A OKAY: Namibia Airports Company CEO Bisey /Uirab does not expect Namibia to run into any significant problems ahead of an International Civil Aviation Organization which will be conducted next year.

Lugvaartsektor maak gereed vir veiligheidsoudit

Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Namibië het al die voorbereidingswerk ingesit om te verseker dat hy ’n veiligheidsoudit van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) sal slaag wat vir April 2024 geskeduleer is, het Bisey /Uirab, die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), gesê tydens ’n onlangse raadplegende vergadering.

Die doel van dié vergadering was om die onlangse dooiepunt in die stryd om die grondhanteringskontrak by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) te bespreek.

“Die komitee het vergader en ons gee aandag aan kwessies waar ons voel daar sal tekortkominge wees. Weer eens, daar sal nooit ’n tyd wees waar jy 100% aan alle vereistes sal voldoen nie. Daar sal altyd iets geïdentifiseer word, dit is normaal, die vraag is nou of jy in ’n posisie is om hierdie tekortkominge wat geïdentifiseer is uit die weg te ruim en dit is die proses waardeur ons gaan,” het hy gesê.

Belanghebbendes in Namibië se lugvaartbedryf het ’n bestuurskomitee aangestel wat moet verseker dat alles in orde is en dat die land die oudit sal slaag.

“Ons maak gereed. Onsself, die reguleerder, ander rolspelers en selfs die private vennote maak gereed vir hierdie oudit, en ons bly vol vertroue dat ons hierdie proses moet slaag,” het /Uirab gesê.

Dit is onwaarskynlik dat die plaaslike lugvaartsektor geraak sal word deur Menzies Aviation Namibia en Paragon Aviation Services se toutrekkery oor die grondhanteringskontrak by die lughawe, het die NAC gesê.

“Ek dink nie dit sal ’n impak hê nie, ons maak onsself gereed, die ICAO-oudit is nie net op die NAC in staatsbesit nie, dit is op die hele lugvaartbedryf – wat die normale proses is,” het hy bygevoeg.

Menzies, wat grondhanteringsdienste by die HKIA verskaf het, is onlangs opdrag gegee om die lughaweperseel te verlaat nadat die kontrak om grondhanteringsdienste te verskaf aan Paragon oorhandig is.

Menzies het sedertdien die uitsetting betwis en appelleer ook teen die tenderproses waardeur die kontrak aan Paragon toegeken is met die bewering dat laasgenoemde maatskappy nie die nodige kennis of ervaring het om die grondhanteringsdienste te verskaf nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!