Mangaanstof bly ’n kopseer
Omgewingskommissaris swyg oor vrae
Inwoners van Lüderitz het sedert die eerste mangaanerts in 2019 per trein by die hawe afgelewer is, hul griewe gelug.
Tanja Bause – ’n Storm is tans weer aan die broei op Lüderitz oor die vervoer van mangaanerts deur die dorp op pad na die hawe.
Dit nadat die meeste van die treinwaens glo nie meer met seile bedek word nie.
Inwoners het reeds sedert die eerste mangaanerts in 2019 per trein by die hawe afgelewer is, hul griewe gelug.
Die laaste foto en plasing in die sosiale media lui: “Vroeg Sondagaand – met ’n sterk suidwestewind wat waai – kom nog ’n mangaantrein in die dorp aan. Slegs die eerste tien waens direk agter die treinenjin, is met seile bedek – die meeste waens is egter net gedeeltelik bedek, met los deeltjies wat in die wind wapper of van die kant af hang, wat baie van die mangaanerts sigbaar maak. Die ander 20 waens wat agterna gevolg het, is glad nie bedek nie, met geen bewyse dat enige seile ooit daar was nie.”
Die omgewingsklaringsertifikaat (ECC) wat in 2020 gewysig is lui: 11. Alle potensiële produkte wat stof genereer moet gesif en chemies by die bron behandel word voordat dit na Namibië vervoer word en die onbedekte vervoer of berging van fyn, korrelrige en potensiële materiaal wat stof genereer, moet vermy word; en
13. Stelsels om stof te onderdruk moet in vragmotors, spoorwaens, laaihouers/vervoerbande en alle materiaaloordragpunte geïnstalleer wees of te alle tye bedek word.
Shadrack Tjiramba van Enviro Leap Consulting sê egter die waens hoef nie bedek te word nie.
“Die mangaanerts moet by die bron met ’n omgewingsvriendelike chemikalieë wat die stof onderdruk, behandel word voordat dit vervoer word – dit is ingevolge paragraaf 13 van die ECC. “Daarbenewens het die maatskappy wat die mangaat in- en uitvoer, die proses begin om aansoek te doen vir die wysiging van die ECC-voorwaardes rakende die gebruik van seile. Dit terwyl die behandeling van erts by die bron voortduur en die vervoer en hantering van mangaanerts blykbaar nie enige noemenswaardige gevolge veroorsaak nie. Die seile raak gereeld weg as gevolg van vandalisme en diefstal wat by die betrokke owerhede aangemeld is.”
TRANSNAMIB
TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, sê die kwessie is nou onder hul aandag gebring en dat dié spoorvervoerder in gesprek met die kliënt is om die probleem te takel.
“Mangaanerts moet bedek wees wanneer dit vervoer word; dit word met seile bedek. Dit is ook belangrik dat die publiek die uitdaging besef wat die maatskappy in die gesig staar in terme van diefstal – spesifiek van seile – wat die vervoer van goedere aansienlik beïnvloed.
“Die diefstal van seile kos die maatskappy baie in terme van die produk wat verlore gaan en het ’n impak op die nakomingsproses (van die ECC).
“TransNamib se kontrak met die kliënt maak voorsiening vir oortredings ingevolge sy verpligtinge en kan herroep word hangende die aanbevelings van die interne ondersoek,” het sy gesê.
“TransNamib gaan alle treine stop wat nie met seile bedek is nie,” het sy gesê.
Volgens Raubenheimer word die mangaanerts onder ’n afdak op Ariamsvlei gestoor voordat dit in die treinwaens gelaai word. Dit word dan in Lüderitz se hawe afgelaai en ook onder ’n dak gestoor voordat die mangaanerts op die skip gelaai word.
“Die mangaanerts word in oop houers op die skip gelaai wat altyd ’n mangaanstofwolk veroorsaak,” het ’n bekommerde inwoner gesê.
Op die Facebookblad van Luderitzbucht – Past and Present, is ’n foto geplaas van ’n vurkhyser wat plastiekdeksels op die treinwaens laai.
“Dit is een kilometer buite die dorp gedoen. Die treinwaens was onbedek en mense het rondgeskarrel om van die waens met seile te bedek en ander met die plastiekdeksels.
“Dit is dus, na my mening, ’n blatante onlogiese en beledigende manier om regulasies te omseil en besorgde Buchters se klagtes te vermy.
“Hierdie trein het vanaf Ariamsvlei vir 625 kilometer met onbedekte waens met mangaanerts gery. Toe stop die trein net een kilometer voor die dorp en tydelike deksels word inderhaas opgesit, net om die laaste 2,5 km deur die dorp na Namport se perseel te ry.
“Die tyd en moeite wat dit geneem het om daardie bedekking op te sit, sou presies dieselfde in Ariamsvlei wees. Dit sou ook beteken dat hulle die hele roete aan die regulasies sou voldoen.
“Waar is die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme? Hulle is veronderstel om te verseker dat daar aan die ECC se regulasies voldoen word. Hoe kan hulle aangaan ná so baie klagtes?”
Inwoners van die dorp het al talle kere op die ministerie se webwerf ’n nienakomingsverslag ingevul. Klagtes is ook aan die Namibiese omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, gerig maar beide het onbeantwoord gebly.
Ook vrae wat die koerant aan Mufeti en Namport gestuur het, is na meer as ’n week nog onbeantwoord.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie