Meer vlugte vanaf Sondag na Hosea Kutako
Altesaam 131,5% méér passasiers het in Februarie vanjaar met vlugte by die onlangs opgeknapte Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) aangekom as in Februarie 2021, terwyl vier redery pas bekend gemaak het hulle verhoog die getal weeklikse vlugte na hierdie lughawe.
Volgens mnr. Bisey Uirab, uitvoerende hoof van die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC), het passasiersgetalle verlede maand van 10 393 in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, tot 24 055 gestyg.
Daarbenewens het beide Lufthansa se redery Eurowings Discover en Ethiopian Airlines aangekondig dat hulle van Sondag af onderskeidelik sewe en vyf keer per week na Hosea Kutako sal vlieg.
Die Lufthansa-groep het Woensdag aangekondig hy verhoog vanaf 27 Maart sy Eurowings Discover-vlugte na sewe per week tussen Frankfurt en Windhoek.
Die sewe vlugte vermeerder vanaf Julie tot middel September vanjaar tot tien per week. Verder sal plaaslike toeriste ook vir die eerste keer ooit met ’n internasionale redery vanaf Windhoek en die Victoria-waterval in Zimbabwe kan vlieg wanneer Eurowings Discover vanaf April vlugte op hierdie roete instel.
Ethiopian Airlines gaan ook sy Sondagvlug vanaf Hosea Kutako vanaf 27 Maart hervat en sodoende sy frekwensies van vier na vyf per week verhoog. Dié redery sal Maandae, Woensdae, Vrydae, Saterdae en Sondae tussen Addis Abeba en Windhoek vlieg, sê Uirab.
Daarteenoor het Fly Namibia sy Windhoek-Kaapstad-vlugte vroeër vandeesmaand van drie tot ses per week vermeerder, terwyl TAAG Angola ’n Saterdag-vlug by sy Maandag- en Donderdag-skedule gevoeg het, sê hy.
“Dié broodnodige ontwikkelings is moontlik danksy die bilaterale lugdiensooreenkoms (BASA) tussen Namibië en die owerhede in Duitsland, Suid-Afrika, Angola en Ethiopië,” sê Uirab.
Hy wys daarop dit is goeie nuus vir die lugvaart- en toerismebedryf en sal ekonomiese ontwikkeling wat deur Covid-19 gedemp is, laat herleef. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie