NaTIS se eerste mobiele toetssentrum is verlede week op Rehoboth bekend gestel.
Foto NaTIS
NaTIS se eerste mobiele toetssentrum is verlede week op Rehoboth bekend gestel. Foto NaTIS

NaTIS kry wiele

Eerste mobiele toetssentrum ontplooi
Die Paaieowerheid bring padveiligheidsdienste en voertuigregistrasie nader aan plattelanders.
Augetto Graig
Die Paaieowerheid (RA) het Donderdag sy eerste mobiele voertuigtoetssentrum op Rehoboth bekend gestel.

Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het by die geleentheid gesê die mobiele toetssentrum sal NaTIS se dienste so te sê direk na die mense se voorstoepe bring, wat verbruikers se tevredenheid sal bevorder.

Die toetssentrum se dienste sluit onder meer in padwaardigheidstoetse, die bekragtiging van lisensies, voertuigregistrasie en bestuurslisensies, asook die opskorting en kansellasie van voertuigregistrasies, en sal in samewerking met die Namibiese polisie vir spesiale padveiligheidsveldtogte gebruik word, sê hy.

Dit bring NaTIS se dienste na dorpe waar daar nie ’n gevestigde kantoor is nie en help om die opeenhopings by NaTIS-kantore te verminder, brei hy uit.

Mutorwa sê dit is deel van die RA se strategie om ook lang rye by NaTIS-kantore te verkort.

Dorpe soos Aranos, Bethanie, Okahao, Nkurenkuru, Divundu and Bukkalo sal baat by die verwikkeling, volgens die minister.

Die RA se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, het gesê die mobiele toetssentrum is ’n innoverende oplossing om toegang tot NaTIS se dienste – wat as noodsaaklik beskou word – te verbeter.

Oor die volgende drie maande sal die mobiele sentrum in die Hardap- en ||Kharasstreek ontplooi word. Dit sal ook vir handelskoue en padveiligheidsveldtogte gedurende feestye ingespan word.

Volgens Lutombi beoog die RA om nog vier bykomende mobiele toetssentrums te bekom, asook ’n lorrie wat as ’n mobiele registrasieowerheidskantoor sal dien.

Die registrasie van voertuie, toetse vir leerlinglisensies en bestuurslisensie en die hernuwing van bestuurslisensies sal by die mobiele kantoor behartig word.

“Een van die belangrikste voordele van hierdie mobiele toetssentrum is sy veelsydigheid. Dit is toegerus met die nuutste tegnologie en toerusting, wat die doeltreffende toetsing van verskeie aspekte, insluitend remme, ligte en die nakoming van algehele veiligheidsreëls, verseker,” het Lutombi gesê.

Hy sê die mobiele toetssentrum word beman deur hoogs bekwame en gesertifiseerde RA-personeellede wat toegewyd is om betroubaar en professionele dienste te lewer. Hulle sal nie net die nodige toetse doen nie, maar ook leiding en inligting aan voertuigeienaars oor die belangrikheid van gereelde instandhouding en nakoming van veiligheidsregulasies bied.

“Deur individue met kennis te bemagtig, beoog ons om ’n kultuur van verantwoordelike voertuigeienaarskap te skep en by te dra tot padveiligheid,” sê hy.

Mutorwa het misdadigers gewaarsku wat hulle as NaTIS-beamptes voordoen dat hulle met die volle mag van die gereg te doen sal kry wanneer hulle gevang word.

“Alle NaTIS-dienste word oor die toonbank binne ’n NaTIS-sentrum gebied, en nie op straathoeke nie,” het die minister gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!