Foto ter illustrasie/argief
Foto ter illustrasie/argief

NCAA die beste in Afrika

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) is aangewys as die beste lugvaartowerheid in Afrika by die Lugvaartweek Afrika 2025 se gala-aand wat onlangs in Livingstone in Zambië aangebied is.

“Hierdie erkenning vier uitstaande prestasie, regulatoriese uitnemendheid en toewyding tot die veiligheid van lugvaart en dienslewering oraloor Afrika,” het die NCAA in ’n verklaring gesê.

Dié toekenning is aan die NCAA toegewys op grond van aanlyn stemme van lede van die publiek.

Die NCAA se uitvoerende direkteur, Tosca Sem, het die lugvaartowerheid by die geleentheid verteenwoordig en het die toekenning van die direkteur-generaal van die Zambiese Burgerlugvaartowerheid (ZCAA), kaptein Gabriel Luembe, ontvang.

“Die prestasie is ’n direkte gevolg van die onvermoeide pogings en toewyding van die NCAA se personeel, die visioenêre leierskap van sy direksie, die volgehoue ondersteuning van ons belanghebbendes en die sterk strategiese leiding van ons aandeelhouer – die ministerie van werke en vervoer.

“Hierdie mylpaal bevestig die NCAA se rol as ’n leidende mag in die vorming van veilige en doeltreffende lugvervoer in Afrika en dien as motivering om voort te gaan om die standaard in regulatoriese uitnemendheid te verhoog,” lui die NCAA se verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer