Nóg taxi-verwarring
NTTU sê staak, Nabta sê nee
Nabta onderhandel steeds oor petrolpryse terwyl 'n stelsel om tariewe te verlaag, oorweeg word
Dit is D-dag vir pendelaars in Windhoek
Taxivervoer kan moontlik vandag in die hoofstad onderbreek word.
Die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) se president, mnr. Werner Januarie, dring aan dat lede van sy vakbond vanoggend met ’n landswye staking begin.
Die staking sou al gister afgeskop het maar volgens Januarie was daar sprake dat stakers die polisie moes betaal om te kan staak, waaroor hy gister skriftelik sekerheid gesoek het.
Ten spyte daarvan dat geen sekerheid verskaf is nie, sal hy en sy lede vanoggend by die Eveline Court-woonstelle in Evelinestraat byeenkom, sê hy.
Intussen het die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) gesê hulle is nie bewus van enige staking nie, en moedig drywers aan om dienste soos normaal te lewer.
Nabta verteenwoordig oor die algemeen taxi-eienaars terwyl NTTU probeer om die taxibestuurders te verteenwoordig.
Nabta sê hulle is in gesprek met die regering en vulstasie-eienaars om die ministerie van myne en energie te oorreed om sekere heffings op brandstofpryse op te hef of te verminder.
Nabta stem saam dat brandstof tans onbekostigbaar is. Die onderhandeling het verlede week voortgegaan en volgens Nabta duur dit hierdie week voort.
Intussen doen Nabta ’n beroep op bus- en taxibestuurders om by die vakbond te registreer.
Nabta sê hy implementeer ’n nuwe stelsel wat tot taxi-eienaars, bestuurders en passasiers se voordeel sal strek.
Die voordeelstelsel is in vennootskap met ’n beleggings- en versekeringsmaatskappy ontwikkel en sal onder meer tot ’n verlaging in taxitariewe lei. Dit deur N$4 aan eienaars te betaal per taxirit waarvoor passasiers slegs N$11 betaal.
Op dié manier sal eienaars N$15 per rit invorder, teenoor die huidige N$13 per rit.
Bykomende voordele van die stelsel sluit pensioenvoordele, behuisingstoelae en begrafnisdekking in, volgens die vereniging.
Nabta se nasionale voorsitter, mnr. Magnus Nangombe, wou nie die naam van die vereniging se vennoot bekend maak nie, maar sê die maatskappy het Nabta genader met die voorstel weens die belangrike rol wat die vereniging in openbare vervoer speel.
Nabta verwelkom die voorstel veral omdat die taxibedryf steeds gebuk gaan onder die Covid-19-pandemie in Namibië.
“Nuwe dinge maak mense altyd skepties maar daar is reeds diegene wat bereid is om aan te sluit en ons vra almal wat voordeel daaruit wil trek om in te teken,” sê hy.
Lidmaatskap van die stelsel sal egter nie dieselfde wees as om by Nabta as lid te registreer nie, met lidmaatskap aan die vereniging wat steeds jaarlikse fooie vereis, brei hy uit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie