Nuwe saamrydiens in Namibië
Veilig en gerieflik
Yango bedryf nie sy eie motors of bestuurders nie, maar werk eerder deur plaaslike vervoerverskaffers – Yango Partners.
’n Internasionale diens om saamrygeleenthede aanlyn te bestel, is in Windhoek bekend gestel, wat Namibië die 11de Afrikaland maak waar die diens beskikbaar is.
Dié diens genaamd Yango word reeds gebruik in baie lande oraloor Europa, Sentraal-Asië, die Midde-Ooste en Afrika, insluitend die Ivoorkus, Ghana, Kameroen, Senegal, Zambië, Angola, Kongo Brazzaville, Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Mosambiek en Algerië.
“Ons sien groot potensiaal in die Namibiese mark aangesien die land 'n groeiende en gediversifiseerde ekonomie het en daar 'n groot aanvraag is vir 'n moderne saamrydiens.
“Aangesien gerief, veiligheid en bekostigbaarheid van ons topprioriteite is, het Yango ons eie sekuriteitseienskappe en -tegnologie ontwikkel wat gebruikers en bestuurders in staat stel om veilig en op hul gemak te voel tydens elke rit.
“Ons is oortuig daarvan dat mense in Windhoek die sorg en spesiale eienskappe wat ons by ons saamrydiens gevoeg het, sal waardeer,” het Adeniyi Adebayo, die hoofbestuurder van Yango in Afrika, gesê.
HOE DIT WERK
Die Yango-selfoontoepassing (app) vir iOS en Android is beskikbaar om gratis afgelaai te word in Engels en baie ander tale.
Om 'n rit te bestel, kan gebruikers die toepassing aflaai, dit oopmaak en spesifiseer waarheen hulle wil gaan.
Wanneer die geoligging-funksie op jou selfoon geaktiveer is, bepaal die diens waar die gebruiker is en vind 'n nabygeleë bestuurder wat die vinnigste by die beginbestemming sal aankom. Yango is 'n diens wat slegs kontantbetalings aanvaar, so wanneer 'n iemand 'n motor bestel, voer hulle hul bestemmingsadres in en die app-algoritmes bereken outomaties vooraf wat die reis sal kos.
"As 'n gebruiker meer inligting benodig, 'n vraag het of selfs iets in die motor vergeet, kan hy of sy die ondersteuningspan deur die toepassing kontak," het die maatskappy in 'n verklaring gesê.
As 'n manier om bykomende gehaltebeheer toe te pas, laat die Yango-toepassing gebruikers toe om elke rit te gradeer, en bestuurders met swak graderings kan vir 'n tydperk toegang tot die diens geweier word.
“Anders as ander beskikbare aanlyn dienste, gebruik die Yango-toepassing sy eie kartering, roetering, navigasie en tegnologie om ritte aan bestuurders toe te ken. Dit kan die koste van die rit verminder en die tyd wat dit bestuurders neem van om kliënte by hul beginbestemmings te soek.
"Yango se doeltreffende roetes en soortgelyke tegnologieë verseker die doeltreffende gebruik van bestuurders se tyd terwyl dit voorspelbare en bekostigbare diens aan passasiers verskaf."
VENNOTE
Yango bedryf nie sy eie motors of bestuurders nie, maar werk eerder deur plaaslike vervoerverskaffers – Yango Partners.
“Saam met die bekendstelling van die toepassing is 'n spesiale sentrum vir Yango Partners-bestuurders onlangs in Windhoek geopen. Hulle kan leer hoe om met die toepassing te werk en ontvang opleiding,” lui die verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie