NWR hoop om in samewerking met COPPS 94.1 misdaad teenoor toeriste in en om die hoofstad te bekamp. Foto Tanja Bause
NWR hoop om in samewerking met COPPS 94.1 misdaad teenoor toeriste in en om die hoofstad te bekamp. Foto Tanja Bause

NWR plaas toeriste se veiligheid eerste

Iréne-Mari van der Walt
“Onlangse berigte van rooftogte wat op toeriste gemik is, het ’n rede vir ernstige kommer vir belanghebbendes in die toerismebedryf geword.”

So het Namibia Wildlife Resorts (NWR) Donderdag in ’n verklaring gesê.

Met die fokus om misdaad teen toeriste te bekamp, het NWR kragte saam met die plaaslike misdaad-realiteitsprogram, COPPS 94.1 gespan om toeriste se veiligheid in en om die hoofstad te verskerp.

“Huidige aanlyn kommentaar dui daarop dat buitelandse toeriste hul kommer oor Namibiese toerisme uitgespreek het. Wat dit nog meer kommerwekkend maak, is dat niemand die probleem takel nie,” het NWR in ’n verklaring gesê.

NWR sal idees en wenke deur COPPS 94.1 deel oor hoe individue hulself kan beveilig, en volgens die toerismereus sal hierdie ook dien as versekering dat Namibië wel een van die veiligste lande in Afrika is.

“Hierdie vennootskap is iets wat ons glo sal ’n positiewe bydrae tot die volhoubaarheid van die toerismebedryf lewer deur te dien as ’n platform waar ons mense kan leer en bewusmaking oor veiligheid kan handhaaf.

“Hierdie program lok talle kykers en is baie suksesvol, daarom kan dit dien as ’n belangrike hulpmiddel wat ons kan gebruik om ons boodskap oor te dra,” het NWR se besturende direkteur, Matthias Ngwangwama, gesê.

Namibiërs sal volgens Ngwangwama ook elke maand in aanmerking kom om ’n geskenkbewys ter waarde van N$3 000 vir die volgende 12 maande op die COPPS-program te wen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!