Oponthoud by SA hawens kan oorspoel na Namibië
Frank Steffen - Kommer oor die gevolge van reuse-opeenhopings van tot 100 000 vraghouers by Suid-Afrikaanse hawens kan daartoe lei dat ’n alternatiewe roete dringend gevind moet word en wat die Walvisbaaise hawe kan insluit.
Die Namibiese haweowerheid (Namport) se uitvoerende hoof vir kommersiële verkope, Elias Mwenyo, het die huidige stand van sake by hawens in die buurland as “betreurenswaardig” beskryf.
“Dit raak nie net Namibiese kliënte nie, maar ook streekkliënte wat moontlik nie hul goedere voor Kersfees gaan ontvang nie,” het Mwenyo gesê.
Volgens hom is Namport in gereelde kontak met verskepingsagentskappe om moontlike oplossings te ondersoek om die las op die Durbanse hawe te probeer verlig.
“Ons verwag om meer vraghouers te ontvang tussen nou en wanneer die situasie weer tot normaal terugkeer.”
Mwenyo het bevestig die Walvisbaaise hawe word tans onder sy volle kapasiteit bedryf, wat beteken dit sal enige toename in die verskeping van vraghouers kan hanteer.
“Tans het ons nie spesifieke statistieke beskikbaar om die moontlike scenario te bevestig van vaartuie en vraghouers wat herlei word nie. Die bykomende verkeer sal inkomste verhoog wat in elk geval tydens die Kerstydperk toeneem,” het hy gesê.
Op navrae gerig aan die ministerie van werke en vervoer oor die verhoogde risikofaktor vir motoriste weens ’n toename in vragmotors op veral die besige roete tussen Karibib en die kus, het ’n beampte gesê die minister beskik oor die mag om in ’n noodgeval vasgestelde reistye vir vragmotors in te stel.
Namport kon nie die presiese statistieke verskaf vir die gemiddelde aantal ton wat deur elk van die hawens in Lüderitz en Walvisbaai hanteer word nie. Beide hawens het egter vir die finansiële jaar wat in Maart 2023 geëindig het, 7,7 miljoen metrieke ton in vraghouervolumes hanteer.
Om die beraamde 100 000 vraghouers in konteks te plaas wat tans op die Durbanse hawe wag om uiteindelik hul weg te vind, kan die volgende berekening die prentjie duideliker inkleur: As die helfte van die vraghouers 20 voet en die ander helfte 40 voet is, beteken dit rofweg 50 000 aflewerings per vragmotor. Sou net 10% van dié vragte na Walvisbaai herlei word, beteken dit 5 000 bykomende vragmotors op die land se paaie tydens die feesseisoen. As aanvaar word dat dié volumes in Desember en Januarie per pad vervoer moet word, dui dit op nie minder nie as 80 bykomende vragmotors per dag en ’n vragmotor elke 20 minute.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie