Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

PAS IN: Brakwater weegbrug gesluit

PAS IN: Die nasionale Paaieowerheid (RA) waarsku dat die weegbrug by Brakwater tydelik gesluit is weens 'n kragonderbreking. Die elektrisiteitstoevoer is Maandag 6 Februarie omstreeks 17:00 deur weerlig getref en dus bied die fasiliteit tot verdere kennisgewing geen dienste nie. Klante wat intussen weegbrugsertifikate benodig, moet volgens 'n kennisgewing die Aris-weegbrug besoek. #RepNuus

Kommentaar

Republikein 2025-04-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer